Dag 4 (Lambertsbaai tot Houtbaai)
Vroeg oggend het Paul ons verlaat en teruggekeer Kimberley toe. Ons was toe weer 6 manne en het die grondpad gevat af na Velddrif.
Aan pak by Lambertsbaai Hotel
Iewers naby Elandsbaai.




Steven wat maar nog altyd ‘n Harley ryer was het maar sy bike 5 dae voor die trip gekry en het nog nie tyd gehad om al die nodig "protection" op te sit voor die trip nie. So hy was maar skrikkerig vir die grondpaaie en het maar die teerpad gevat na Velddrif toe. Net voor Dwarskersbos werk hulle aan die pad en is daar ‘n bypass wat jy moet neem van so 7 km. Maar met al die gereen die afgelope 2 dae was dele al lekker uitgery en baie papperig. Toe ek die eerste stuk modder slaan stop ek en vra vir die manne of ons nie vir Steven moet wag nie. Ons neem toe maar aan dat hy moontlik die stuk sal mis met die pad wat hy sou ry so gaan toe maar voort. En nie 400 meter verder kry ons vir arme Steven vol modder besig om sy regter pannier te strap. Hy was voor ons en het die modder heeltemal verkeerd approach. Soos ons later lekker gelag het het hy gese dat al wat hy kon onthou was stand up, open up en look up. Steven het maar net aanvaar dit sal die ding in die modder ook doen. Nadat ons seker gemaak het hy is oukei het ons lekker daaroor gelag maar ons was baie dankbaar dat hy nie seer gekry het nie.
Wat wel gekwel het was dat ons agtergekom het dat Steven se bike bietjie olie begin lek het by die silinderhead aan die kant waar hy geval het, maar dat ons niks kon sien nie. As hy maar net covers opgehad het.
Steven of te wel Shakin Steven soos ons hom gespot het.


Iewers tussen Elandsbaai en Dwarskersbos


Dwarskersbos op die agtergrond.

Ons is vandaar deur Velddrif na St Helena baai waar ons by die garage gestop het om Steven se bike bietjie aftespuit en te kyk of ons iets kan wys word waar die silinder head olie lek maar kon niks sien nie.
Besig met Steven se bike.

Vandaar is Steven en Louis teerpad langs oor Vredenburg Paternoster toe en ons met die grondpad langs Paternoster toe.
Grondpad oppad na Paternoster.

Wag vir Steven en Louis voor Paternoster.

Paternoster was baie besig want dit was die Sondag van Paas naweek en ons het gesukkel om ‘n plek te kry om iets te eet. Sommer daar op die strand fish en chips gekoop wat baie lekker was.
Op die strand aan fish en chips eet.



Paternoster.

Ook vir White Rhino ontmoet daar in Paternoster. Nice om van die dawgs so op die pad te ontmoet. Vandaar is ons kuslangs deur Saldanha Baai Langebaan toe en toe deur die Weskus Nasionale Park. Hier het ons by Geelbek ietsie geneem vir die senuwees en is daar weggejaag deur die reen wat nou weer erg begin val het.
Geelbek Omgewingssentrum




Vandaar in die reen Ysterfontein in en uit en deurgeskiet tot in Bloubergstrand waar ons weer by Blue Peter gaan draai het . Wou so graag ‘n mooi foto van my bike met Tafelberg op die agtergrond gehad het maar die berg was weg onder die reen en wolke.
Ysterfontein.

By Blue Peter in Bloubergstrand.



Vanaf Bloubergstrand is ons in gietende reen deur Houtbaai toe waar ons by die Chapmans Peak Hotel oornag het.
Aandete by die Hotel.

Dievolgende dag was dit Kaap Agulhas toe na die mees Suidelikste punt in Afrika.