Weskus af na Agulhas en Route 62

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Loneman

Race Dog
Joined
May 11, 2011
Messages
713
Reaction score
1
Location
Alberton
Bike
BMW R1200GS Adventure
IMG_0567.JPG


Na die Om Lesotho trip in Oktober verlede jaar het ek begin jeuk om iets langers te doen en vandaar het die toer ontstaan om te ry vanaf Johannesburg tot Port Nolloth en dan kuslangs af tot in Kaapstad en dan weer op tot Kosi baai en terug, natuurlik met ‘n paar grondpaaie in my agterkop. Ek het egter gou besef dat die 10 dae wat ek gehad het doodeenvoudig net nie genoeg sou wees nie en het toe maar die roete aangepas deur vanaf Kaapstad op te ry tot by Kaap Agulhas en daarvan die Route 62 te doen tot in Oudtshoorn. Daar was ‘n plek wat ek al baie van gehoor het en wat my jeuk net nog groter gemaak het, Die Hel, wat ek net moes gaan ry. Vandaar weer terug see se kant toe en dan kuslangs tot in Port Elizabeth en dan terug huis toe.

My plan was verder om soos ons vorder stickers van die verskillende plekke wat ons aandoen bymekaar te maak en op my panniers te plak. Ek was aanvanklik alleen maar soos  my beplanning gevorder het een vir een van my vriende gebyt aan die idee en besluit om saam te kom. Ek wou graag kamp maar die meeste ouens wou nie daarvoor val nie en het ons toe maar besluit om maar verblyf te kry soos ons vorder.Op die ou ent was ons 6 wat uit Johannesburg sou vertrek met nog 2 ouens wat iewers  op die pad sou join.

So was die beplanning om die 5 de April 2012 te vertrek. Ek , Arno en Herman op 1200GSA’S, Steven op  ‘n 1200GS, Louis op ‘n 800GS en Deon op sy KTM 990Adv. Als was gereel en die Trip kon begin.


 
Top