AMAGEZA gossip & k@kpraat

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Fenderbender

Race Dog
Joined
Oct 7, 2006
Messages
4,057
Reaction score
250
Bike
BMW R1200GS Adventure
Manne Sitterland is n fnokken koue plek . Ek het eergister die preliminary gedoen , dit was bietjie rof , sal nou nie sê om my fiets vir +- n kilometer te duckwalk is pret nie .  Ons moes dieselfde rivier , wat in vloed is 2 keer oorgaan . 1ste keer was ek gelukkig , 2de keer toe sluk hy water , poef , alles dood . Gelukkig kom ou groot vriend Rickus daar aan en help my gou uit tot op die wal . Kan dalk net byvoeg , Rickus is bietjie groter as die normale , n ander pilot sou maar gek@k het om my teen daai wal uit te help , vra maar vir ou Nick Sprocket .
Nou ja ek moes maar die plugs uitdraai en die water uitswaai , droogmaak en weer insit . Toe loop die HP weer . Goeie posisie klaargemaak .

Sat oggend toe ek opstaan toe weet ek , hiers n fout . My gebreekte ribbes van n jaar gelede se Amageza het met my afrikaans gepraat , en Sitterland se koue het dit net erger gemaak . Ek het die groot besluit geneem om te ontrek , ja vryf dit maar in , maar die pyn in my rib wou net nie saamspeel nie .

BTW , jy word 4 uur in die oggend met ACDC se thunder wakkergemaak . Gaan kyk toe hoe die manne wegspring  nadat ek vir Alex gesê het ek is uit . Shit happens . Ek het gestaan en kyk hoe seker die helfte van die manne wegspring , toe stap ek terug na my tent toe. By die tent gekom , hier staan Tau nog met sy fiets . Ek vra vir hom , ou maat , gaan jy ry vandag . Hy sê , ja hoekom . Ek vertel  hom dat die hefte van die manne al weg is . Ek help hom toe om die laaste ou goedjies vas te maak en toe's hy daar weg , van die laastes wat weggesprig het , die rustigheid self .

So gaan brekvis ek , Legadema en Chrisl gou by die Jupiter , hoogs aanbeveel  en ons kies koers na die 1ste checkpoint. Die 1ste manne is al deur . Ek vra vir Marissa , wies eerste deur Darryl ? Nee , jou mater Tau ( John Webb ) is 1ste deur . Ek kon dit nie glo nie . Hyt blykbaar nog gewaai ook vir elkeen wat hy verby gery het op die roete .


Gaan nou, nou verder vertel ,  manne sit by as julle ook stories het, hou net die foto's vir die RR , hierdie was een vir die boeke.
 
Top