Dual . Dit is net soos eikeboom daar se. Ons was seker so n jaar gelede by Oasis vir n lang naweek en het besluit om vir die dag op te stap na die Kruis. Was uitstekend met rotsformasies wat jou gedagtes in alle rigtings instuur. Stap tot daar is nie regtig so moeilik nie maar jy moet fiks wees anders gaan dit "hel" wees om daar bo uit te kom. Die stap op duur so 2 tot 3 ure( rus,stop langs die pad vir snacks ens ingesluit).
Mens voel maar klein as jy langs die kruis staan. Maar alle sweet die moeite werd....