Pta na Kaapstad en terug via Swartbergpas

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Joined
Apr 14, 2011
Messages
1,692
Reaction score
108
Location
Pretoria
Bike
BMW R1200GS Adventure
Hier kom n Afrikaanse RR wat met n Japanese motorfiets gedoen is,maar die fotos is in Ingels. :ricky:

Elke jaar gaan ek en die vrou kaap toe vir n kunsmark op die Buitenverwachting wynplaas.
Die jaar het ek haar omgepraat en geoffer dat ek met die motorfiets sal gaan en die kunsmark sal doen vir haar dan kan sy rustig alleen by die huis bly.
Ek het ook genoem dat ons baie brandstof sal spaar met die fiets ( Sy ken nie n TA se brandstofverbruik nie  >:D )
Sy het ingestem en dit is toe waar die lang ry begin het.

n Vriend van my,ook met n TA het saamgegaan en Saterdagmiddag die 28ste April is ons fort
Slaap die aand in Bloem en vertrek die volgende oggend na Beaufort,kon nie grondpad ry nie a.g.v die delikate klein klei beertjies ( R30 000 se voorraad ) wat op die fiets was.
Het maar stadig gery en so rus ,rus aangeploeter,die gat moes eers sitfiks word.
Net voor Beaufort-Wes is n kamplek met die naam Steenbokkie,ry al jare daar verby en nooit daarvan geweet nie.
n Wildsplaas met lekker kampgeriewe teen R60 pp.
 

Attachments

  • Stan en Barries 054.JPG
    Stan en Barries 054.JPG
    182.6 KB · Views: 172
  • Stan en Barries 052.JPG
    Stan en Barries 052.JPG
    153.1 KB · Views: 175
Top