Recent content by DieDame

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
  1. D

    Die ballade van Dunnes en Dassie: Eerste groot trip Kaap toe

    Wat-wou swaar dra tussen die dames! Gmfff!!! Dis die amper 200m se klim tou en daai staal speelgoeters wat jou laat verbeel het dit was so swaar. En die dames het 120m van daai tou gedra, al die kos, insluitende die braaivleis en n klomp van daai staal klokkies. Hierdie dames is ysters en sal...
  2. D

    Karoo-plooie, Die Burger en 'n Martin Bester Drive

    Dag 5: Nieu-Bethesda na Johannesburg Die volgende oggend toe ons wakker word het Nieu-Bethesda verander in 'n wit sprokieswêreld. Dickie wou gaan motorfiets ry op die grondpaaie om Kompasberg, maar mense ek moet vir hom en julle almal omverskoning vra, maar ek het hom met groot moeite om my...
  3. D

    Karoo-plooie, Die Burger en 'n Martin Bester Drive

    Net voor ons waai hier van die Club af, dit was my eerstekeer in so 'n tradisionele tipe klubhuis en ek het myself verkyk aan die dekor. Hier is nog twee kiekies... Hier staan Oom Doeks aan die linkerkant en Dickie langs sy vrou daar aan die regterkant, ek kan ongelukkig nie die dame in die...
  4. D

    Karoo-plooie, Die Burger en 'n Martin Bester Drive

    Dag 4: Beaufort-Wes na Nieu-Bethesda Die volgende oggend bring Dickie vir my koffie en ontbyt in die bed nog voor die son sy snoet uitsteek. Ons wil saam met die eerste lig aanstaltes maak sodat ons die ekstra 200km tussen Beaufort-Wes en Graaff-Reinet kan inhaal. Maar, toe die son sy kop...
  5. D

    Karoo-plooie, Die Burger en 'n Martin Bester Drive

    Dag 3: Die Hel na Die Groot Karoo Ons gaan eet spek, eiers en roosterbrood met kweper konfyt by Ouma Sannie se Winkel. Terwyl ons buite in die sonnetjie sit en wag vir die ontbyt, tweede koppie koffie in die hand, kom neem die vier katte so om die beurt hulle intrek op ons skote. Kyk, so 'n kat...
  6. D

    Karoo-plooie, Die Burger en 'n Martin Bester Drive

    Ja-nee kyk Jacques, ek vermoed daai bullet kom vinniger nader as wat ek dink! Maar dalk iets ligter en korter ::), ek kannie eers Dickie se 650 roer as hy omslaan nie... Gerhard het nou 'n 800GS gekry  ;D, skat die aanstaande skoonbroers verlei hom heeltemal
  7. D

    Karoo-plooie, Die Burger en 'n Martin Bester Drive

    Gamkaskloof! Ons is oppad Hel toe. Dit het wrintie waar amper 2hre gevat om die 37km te ry. Hier gaat ons, al langs die lang bult af die vallei in. Die pad is oor die algemeen baie goed met net hier en daar 'n sanderige kol of 'n klipperigheid. Nietemin, geniet Dickie die meer afwissellende...
  8. D

    Karoo-plooie, Die Burger en 'n Martin Bester Drive

    Dag 2: Klein-Swartberg na Die Hel ​​ Die aand ontdek ek 'n ding van my slaapsak... Dis 'n tweedehandse mummie-styl donsslaapsak. Dickie se moeder het hom vir my vir so ongeveer R30 by die hospice gekoop. En vir koue weer bo-op die Drakensberge was dit al 'n heel warme R30 daardie. Maar...
  9. D

    Karoo-plooie, Die Burger en 'n Martin Bester Drive

    My aarde, bly te kenne Matewis  ;D. Ons het lekker gespeel daar in julle Kapenaars se agterplaas. Moet sê hierdie forum het nogal 'n manier om mense te connect en vreemdelinge glad nie so vreemd te laat voel nie. Dorsland, ons pleit skuldig! Maar hopelik maak die verhaal op daarvoor. Ons het...
  10. D

    Karoo-plooie, Die Burger en 'n Martin Bester Drive

    Dag 1: Gardens na Klein-Swartberg Donderdag-oggend val ons byna saam met die son in die pad. Ons vat die mooi roete deur Franschhoek, verby al die name op Checkers se wynrak, oor die Hottentots-Holland berge na die Theewaterskloof dam. Hier is die sonsopkoms oor Kaapstad uit Marius en Griet se...
  11. D

    Karoo-plooie, Die Burger en 'n Martin Bester Drive

    Dagsê Mense, Laat ek begin met... Genugtig! Dit was Woes ver, Woes mooi en Woes lekker, veral in retrospek... En dan moet ek as deel van die vrywaring van hierdie RR ook sê... Ek het nog nooit in my lewe ratte gewissel met my voete en petrol getrap met my hande nie. Ek is nie 'n motorfietsryer...
  12. D

    IMG....URL....say what?

    Dankie het hom  ;D
  13. D

    IMG....URL....say what?

    Gedorie!!
  14. D

    IMG....URL....say what?

    Duidelik nie... En nou?
  15. D

    IMG....URL....say what?

    Toets 1-2 Sukses?
Top