2007 BMW R1200GS of 2012 Triumph Tiger 800 XC

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

rampokker

Puppy
Joined
Feb 22, 2012
Messages
18
Reaction score
0
Location
Johannesburg
Bike
Triumph 800 XC
Goeie middag almal.
Ek was laas vroeg laas jaar doenig op die forum en was opsoek na advies oor watter fiets ek moet kry. Ek het toe net daarna besluit dat met die nuwe laaitie en so paar ander dinge in my lewe ek eerder die bike idee moet laat vaar, maar soos meeste van julle seker weet is dit nie iets wat jou sommer net so los nie. So hier is ek weer opsoek na julle advies oor watter fiets ek moet koop.
Ek het oorspronklik my oog op die Tiger 800xc gehad, vir die eenvoudige rede dat in my opinie die BMW fietse (of motorfiets ryers) in n mate "onkreatief" is, as iemand n bike soek wat cool sal lyk met panniers op dan koop hy n BMW GS. (ek probeer regtig niemand in die gesig vat nie)
So ek het rondesoek en toe kom ek op n baie netjiese Tiger af met so 30000 km op die klok vir n goeie prys. Maar toe loop ek nou vandag die BMW 1200 GS raak en nou is ek alweer helemal deurmekaar. Die GS is heelwat ouer so hy het nie meer n waarborg nie en het so 50000km gedoen maar hy is so R30000 goedkoper.
Wat sou julle ouens dink, is die GS n groot "risk" gaan ek baie spandeer aan regmaak en onderhoud? Volgens my omdat elke tweede bike op die pad n GS is behoort daar al heelwat ouens daar buite te wees wat op die goed kan werk.
Net so bietjie agtergrond oor waarvoor ek die fiets gaan gebruik. Ek gaan die fiets meestal vir "commute" gebruik, commute is tussen Edenvale en Benoni so ek sukkel nie erg met verkeer nie, en sal soms kliente in Nelspruit of ander interessante plekke besoek met die fiets. Maar ek is seker dit gaan nie by commute bly nie, dis hoekom ek na iets soek wat mens bietjie op die grond kan vat en explore.
So om die rede vir die post op die som:
Sou jy reken dis beter om n nuwer model Tiger te kry? Die andwoorde hoef nie regtig wetenskaplik bewys te word nie, ek soek maar net so bietjie persoonlike opinies. Moet my nou asseblief nie nog meer deurmekaar maak met voorstelle vir ander fietse nie.
Jammer oor die lang boodskappie.

By voorbaat dank
 

Latest posts

Top