Bash etiquette part 2. (as die eerste ene jou verveel, los dan die ene uit)

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Hinksding

Race Dog
Joined
Sep 12, 2010
Messages
2,992
Reaction score
204
Location
LOERIESFONTEIN
Bike
Honda XR125L
Ek se weer soos ek op 'n ander thread gese het: Ekt die forum gejoin en ek reel die tipe van trip om nuwe mense te leer ken en nuwe pelle te maak. Ek is nie hier om 'n rant op te tel nie. Die government en die jakkals maak my klaar kwaad genoeg.  Ek noem die volgende nie omdat ek wil vent nie, maar sodat soortgelyke geleenthede in die toekoms beter hanteer kan word. Ek wil met 'n clean slate by 'n volgende bash aankom sonder om 'n ander dog te try vermy.

Kom ons plaas ding in perspektief

Wat die kroeg betref:

Geen drankwinkel neem drank terug wat 600km agter op 'n stowwerige bakkie sinkplaatpad gery en labels afgeskaaf terugkom by 'n drankwinkel nie. Stock wat jy koop, en nie by 'n bash uitgedrink word nie, betaal jy! Die rede waarom die bar laat op die pan gepitch het is omdat Bokwa en sy crew heeldag agter ons bikes loop en sweep, moet oral help as iemand met 'n probleem staan. Die bakkie loop ook nie 140km/h soos die bikes nie, eerder 80km/h omdat hy 'n swaar vrag saamsleep.....daarom die delay.  Die kroeg het saam met die trip vanaf Brakkie gekom, ons kon nie cater vir die ander bash nie, hulle was net te ver voor ons. As ons almal op 1 plek geslaap en saamgery het, kon ons dinge beter gekoordineer gewees het. 

Mense sit naam op en chicken uit:

Dis 'n onbegonne taak om 'n trip te reel as mense op nr 99 uitchicken as daar al lankal getalle moes deurgegee wees na die caterers en drank aankope gedoen moes wees. Ouens wat hul name opsit en nie eens reageer op 'n PM wat aan hulle gerig word om te confirm of hulle kom of nie. Dan kry jy ook nog die odd hond wat sy naam opsit, nie betaal nie, pitch op die pan, huiskry en nie 'n geluid maak oor 'n betaling nie.

Turnout of events @ Pan ingang

Laas jaar toe Oom Giel se skoonseun Louis in beheer van sake was het Louis vir my gese ons hoef NIE aan te meld by die kantoor nie. Ekt vanjaar weer met hom gedeal en hyt dieselfde orders vir vanjaar deur gegee. Groot was my vebasing toe Oom Giel my aantree oor goed waarvoor ek, of geen ander WD, verantwoordelik gehou kan word nie. Ekt 4 keer met Louis vooraf gepraat om te sorg alles was in orde. Louis en sy skoonpa het DUIDELIK verskillende maniere om die ontvangs by die pan te hanteer. (Btw: Ek sou ook die moer in wees as ouens my hekke laat oople.) 


Die bash binne die bash:

Ekt geen pyn dat ouens hul eie trip Pan toe reel nie, maar hoekom juis dieselfde naweek as ons sin? Ekt van die begin af gese ons kan 50 akkomodeer. Op die einde was ons 36 honne. Dis nie 'n geheim waarheen die res is nie.  Riebeeker het laas jaar 2 maande nadat ek die eerste Verneukpan trip begin beplan het op die forum sy Midnight ride vir dieselfde naweek aangekondig. Meeste van beide rides se ouens kom uit die Weskaap. Op die einde vd dag was daar 'n heen en weer oorlopery tussen die rides - aka 'n rondfokkery!  Riebeeker het vir vanjaar 3 rides aangebied (die waarvan ek weet), sover ek verstaan geniet die ouens dit baie en is dit baie goed georganiseer. Ek was self by die WC Bash, en dit was baie goed. Hoekom weer sy eie trip reel as daar REEDS ene is na DIESELFDE bestemming? Hyt my voor die tyd gebel en van sy plan gese om die "stadige ouens" te help om my groep vir my te help kleiner maak etc etc.  Riebeeker het nie vir my gese dit involve 'n ander Vrydagaand oorslaap vir hulle nie.  Ekt vir hom duidelik gese hoe ek oor die aangeleentheid voel.  As jy gaan kyk na die kontoversie omtrent vanjaar se WC Bash kry ek maar ook 'n stront smaak in my mond as ek terug dink aan die afgelope naweek.  Ek se weer: As iemand dink hy kan 'n "mobile bash" (2 verskillende slaapplekke op 1 nwk) beter reel is hy welkom om die ene 'n shot te gee. As ek dit volgende jaar weer sou aanbied, sal die hele naweek daar aangebied word, sodat elke ou op eie stoom daar aankom. Ek sal 'n paar coolboxes met ys saamvat asook vuurmaakhout. Die res moet maar saam met die drank in die ouens se topboxes gelaai word. Ek sal nie 'n bar weer daar hou nie. Dis 'n utter waste. Ekt nog rekeninge wat betaal moet word met geld wat in die vorm van drank op my kantoorvloer staan. Die man wat dink 'n bash is geldmaak moet maar dit 'n try gee, ekt nuus vir hom. 

Dankie aan almal wat wel die bar support het. Dankie ook aan die Top Bloke brakke vir al die support, vreemdes sowel as bekendes. Sonder julle sal ek nie so trip aanpak nie.  :thumleft: :thumleft: :thumleft:


Groetnis
Hinksding
 
Top