Geocaching trip - Wolvengat explore

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

dual

Race Dog
Joined
May 2, 2010
Messages
3,262
Reaction score
634
Location
Hermanus
Bike
BMW R1200GS
Al gehoor van Wolvengat, al by die afdraai verbygery, maar was nog nie daar nie
Donderdag praat ek met iemand wat al met sy Subaru daar was, en blykbaar is die pad maar moeilik
Trek Mapsource nader tesame met geocaching, terwyl ek aan die ry is
Hermanus, Gansbaai, Franskraal, Pearly Beach, amper tot by die Dam, links Wolvengat toe, maar eers die mees Suidelikste wynplaas gaan besoek, ook 'n geocache daar wat ek nog nie gevind het nie
Baardskeerdersbos deur terug huis-toe

Eerste stop - Gansbaai pikkewyn rehab sentrum - versorg pikkewyne wat deur kaaie en robbe aangeval is, maar blykbaar het die haaie om Gansbaai besluit om eers "vakansie" te gaan hou, geen haaie nie

24617185822_2d8ea3a05e_b.jpg


24439456460_51219eef1a_b.jpg


Eerste cache vir die dag

24641457291_13347e8c42_b.jpg


Strandveld museum - cache nommer 2

24734978315_e47e200d7f_b.jpg


24108121293_eedd2be12c_b.jpg


24641442461_6fcf6177b8_b.jpg


Franskraal - cache nommer 3

24734938905_35a7565aca_b.jpg


24734954555_a707242525_b.jpg


24617143072_028c060540_b.jpg


Pearly Beach - cache nommer 4, en 'n besoek aan 'n vriend

24439395880_6b2e3aa7ae_b.jpg


24367245259_ecdb2bc033_b.jpg


24439400510_c5a55cfc09_b.jpg


Buffeljagsbaai - cache nommer 5

24617106432_fa90711f49_b.jpg


24641392631_734647364f_b.jpg


Steeds Buffeljagsbaai - op soek na 'n cache, sogenaamd Kolmanskop van Suid-Afrika
Tussen die duine

24106730634_2863f330f5_b.jpg


24367225839_5021fc82e0_b.jpg


Man alleen en ek moet deur die dik sand, nog 800 meter tot by GZ (ground zero)

24708683876_3145686992_b.jpg


Sukkel lekker deur die dik sand vir 'n halfuur, besef ek jaag aan, as iets gebeur, is ek alleen hier buite, vêr van alles, draai om, nog so 15 minute se sukkel, dan is ek uit die dik sand, sal die een met die Land Rover kom soek

24367216449_b8224f5176_b.jpg


Teerpad tot by afdraai, dan weer gravel highway

24439359070_b4f8d70071_b.jpg


24734884815_ec11978723_b.jpg


24439350360_32d450d67e_b.jpg


24108024593_c025fb7e8c_b.jpg


24641346441_dec6aba714_b.jpg


Maar voor ek afdraai Wolvengat toe, eers 'n draai maak by die Suidelikste wynplaas op die Afrika kontinent - cache nommer 6

24708649946_39226ce977_b.jpg


Al warm gery, eers 'n wynproe inwerk

24642051521_ff3fd8d339_b.jpg


24107396054_9970507dbf_b.jpg


24617019262_5ccaaa9e6a_b.jpg


24734821275_7630009bb8_b.jpg


Dan terug Wolvengat toe

24367182729_8fd6f23696_b.jpg


24108004823_bc01e40d51_b.jpg


24734852365_6ef565c1f2_b.jpg


Die pad in die "dorp" is geteer, al om is dit grond, so nog 'n laaste dorpie op die lys wat met grondpad omring is
Op pad uit, rigting Baardskeerdersbos

24617042232_5649263b48_b.jpg


Van hier af is daar weereens gesweet, nie baie gestop vir fotos nie, die sand is los en dik, ek het besef, ek kort nog baie opleiding vir sand ry, darem nie een keer die fiets verloor nie, maar 'n paar keer, amper, ek het maar gestop waar ek onveilig gevoel het, en weer begin, seker 20 tot 30 keer

24106664114_865cbb206f_b.jpg


24107987653_93eefc9b63_b.jpg


Ek het op 'n stadium begin bid vir 'n gravel highway, dit was warm en baie sukkel, die batterye was nou pap

Uiteindelik, Baardskeerdersbos, Marietjie se Pub, twee yskoue Savanna's wat nie eens kant gevat het nie, lekker broodjie en chips, en die batterye is weer gelaai

24367157879_905d15ef7c_b.jpg


Teerpad tuis, maar eers 'n laaste foto

24367153289_123348e8b0_b.jpg


216 km se lekker daar buite, 6 geocaches vir die dag (410 totaal), wat 'n lewe

24641484881_3f98bd84b5_b.jpg
 
Top