Vis Arend
Bachelor Dog
- Joined
- Nov 14, 2010
- Messages
- 11,990
- Reaction score
- 2,291
- Location
- King William's Town
- Bike
- Honda CRF-250 Rally
GRAAFF REINET (SKAAPKOP) BETHULIE TRIP
Ek en Mev Vis Arend se gaaie het al weer gejeuk en ons was weer lus vir ry. ‘n Ou pel van my het my so week tevore gebel en daar en dan was ‘n trip gereel. Dit sou nou wel teerpad wees, maar ons wou graag mekaar weer sien en sommer so bietjie rondrits.
Die spannetjie lyk so.
Vis Arend en Mev Vis Arend - S10 (Blou Bliksem)
Ben Ten - S10
Ons, ek en Mev Vis Arend sal Vrydag van King William’s Town vertrek na Graaff Reinet waar ons die aand skaapkoppe en afval sal eet by ‘n skool vir een of ander fonds insameling en dan sommer by Ben Ten oorslaap.
Die volgende dag, Saterdag, vertrek ons na Bethulie via Middelburg, Steynsburg, Venterstad, Oviston, oor die Gariep damwal na Bethulie.
Die Sondag is ons weer op pad huistoe vanaf Bethulie na Venterstad, Burgersdorp na Molteno. Slap voor Molteno groet ons mekaar en Ben Ten gaan terug na Graaff Reinet en ons gaan na King William’s Town via Molteno, Sterkstroom, Queenstown, Cathcart en Stutterheim.
Toe ons natuurlik die trip gereel het, was dit lekker sonskyn en lekker warm. Die van julle wat my vorige RR gesien het sal weet dat iewers in my lewe het ek die reen gode baie kwaad gemaak, wel dit was weer so. Die Vrydag toe ons van King vertrek, toe reen dit katte en honde, al van die vorige dag en dit was flippen koud. Maar wat sal ons maak, die ysterperd was gesaal en ons jeuk mos om te ry, so ry sal ons ry.
So het die Buffelsrivier wat deur King loop, gelyk.
Nog ‘n kiekie van die Buffelsrivier oor die brug op die N2.
Die foto was op pad na Alice by Middeldrift. Die paaie was sopnat en die water het ooral gevloei.
Ons kon nie baie fotos neem nie, dit het te hard gereen. Ons het in Bedford ‘n lekka bruch gehad en is toe vort.
Een van min fotos op die pad na Graaff Reinet.
Ben Ten het ons so kilo of twee voor Graaff Reinet ontmoet.
Die bekende kerk in Graaff Reinet
Die dam by Graaff Reinet het ook oorgeloop.
NIE VIR SENSITIEWE KYKERS NIE. HEIMER EN DIE RES VAN DIE SKAAPKOPGULDE – GENIET DIT
Die skaapkoppe, en boeta, was dit lekker.
Die afval, was net so lekker.
So smul ons aan die koppe. Ek in die voorgrond besig met die kake en Ben kyk wat hy uit sy vrou se bord kan steel.
Die ou in die agtergrond het die regte mes gebring.
Die aand was heerlik, die kos was uit die boeke en die” koffie en tee” was ook lekker, net te veel.
Die volgende oggend, buite Ben se huis. Daar was ‘n lekker byt in die lug en ons was nie te vars nie. Moes iets gewees het wat ons geeet het! Maar ons is dapper muise en die pad het geroep.
Net buite Graaff Reinet, die koue le dik.
Toe ons petrol ingooi in Graaff Reinet, bel ‘n vriend van Ben en se hy wil so ent saam ry. Hy is ook ‘n lid van WD by die naam Hamster. Welkom Johan, lekker gewees om te ontmoet en dankie vir die saamry tot Middelburg. Hoop om binnekort weer saam te ry.
Die ene Ben Ten
Nog so paar fotos so in die ry.
Ben Ten en Hamster so agtertoe geneem. Mev Vis Arend was weer op haar stukke.
So blaaskansie op pad. So staan die blou waens
Die wolke was besig om te wyk en die dag het lekker opgewarm.
Ietsie te ete gehad by die Keg in Midddelburg.
Hamster het ons hier gegroet en is terug na Graaff Reinet, ons was voort na Bethulie.
Die bord vertel ons dit is beter om ‘n alternatiewe roete te neem weens die toestand van die pad.
En was die pad sleg?
Nog so paar POT HOLES
Wie se dit was heel pad teerpad
Gariepdam was weer vol, of is dit nog steeds.
As ‘n man hier inval...........
............spoeg hy jou hier uit
Hier is twee videos, check maar of julle dit kan sien.
Op die damwal.
Hier het ons geslaap op Bethulie. Dis die bikepackers van Lupo, ook ‘n WD mannetjie. Gawe mense die, was voorheen hier en sal weer kom kuier.
Ben hard besig om te konsentreer, dis ‘n rare kiekie sonder ‘n “koffie” in die hand.
Die Sondag oggend was ons weer oppad.
Maar eers ‘n draai gemaak by Ou Vellies, Lupo se koffiewinkel met die lekkerste muffins. Die plek moet besoek word, dis lekker en spot goedkoop. Die manne het ons ondersteuning nodig.
En toe ‘n draai gemaak by die treinbrug in Bethulie.
En toe was ons weer oppad. Hier ry ons oor die Oranje rivier waar hy inloop by die Gariep. Dis ‘n laaaaaaaaaaaaaang brug die.
So paar portrette van bo af geneem.
Draai gemaak in Burgersdorp, blykbaar ‘n baie geskiedkundige dorpie.
‘n Prentjie van die taalmonument.
En ‘n kerk in Burgersdorp
Weer op die pad
En hier het ons paaie geskei, ek na King en Ben na Graaff Reinett.
So paar kiekies op pad huis toe.
JMol se windpomp foto
Road in a distance
Rail track in a distance
Your bridge photos
Ou lokomotief in Sterkstroom.
Net voor Queenstown
En hier het ons amper ons gat gesien, so 25km voor ons huis. Lekker om ‘n draai gekom toe le die boom oor die pad. Briek aan draai het min gehelp, ons is met spoed onder duer die boom aan die regter kant. As daar ‘n kar van voor was...., nou ja. Say no more.
Nou ja, so kom elke trippie tot ‘n einde. Dit was weereens lekker gewees. Lekker gewees om ‘n ou vriend weer te sien en saam te kuier. Dankie Ben Ten, vir jou en vroulief , vir julle gasvryheid, die slaapplek , die skaapkop ete en die saamry, ons het dit baie geniet, sien binnekort weer .
Ek sal nie dankie se vir Mev Vis Arend nie, netnou kan ek nie met haar huis hou nie.
Tot weersiens.