Hello daar!

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

krister

Race Dog
Joined
Sep 14, 2009
Messages
2,027
Reaction score
2
Location
Johannesburg
Bike
BMW R1200GS
Hi maters,

Ek het al 'n hele paar bikes in my lewe gery - van 'n TS50 tot 'n Z1000 tot 'n customised GS1000 chopper.  Van my TS-dae het ek 'n sagte plek vir veldfietse en die BMW's die afgelope paar jaar (GS) het my aandag begin trek.  Deesdae spandeer ek ten minste 'n paar uur per dag op die net aan't soeke na fietse om te koop en grondpaaie om te ry.  Ek is nog altyd mal oor grondpad-ry en sien uit na dit doen met 'n goeie fiets.

Ek spioeneer al 'n geruime tyd hier om 'n fiets te probeer kry.  Ek dink ek het nou een gekry en hoop om hom (haar?) more te gaan bekyk - F650 (Funduro).  Wou eers 'n F650GS koop, maar Vroulief en ek het besluit dat ek eers goedkoper moet koop om seker te maak ; ) (?)  Ons almal weet ook mos van die ekonomiese tye waarin ons leef ; )

Ek hoop ek kan goeie advies hier kry en oor die algemeen maar net lekker gesels met almal wat my nuutgevonde passie deel.

Groetnis,
Krister
 
Top