How not to adjust the handlebars - a crash report now with pics

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Lootch67

Race Dog
Joined
Jan 25, 2006
Messages
1,310
Reaction score
0
Location
South Ockendon, Essex, UK
Bike
Honda XRV 750 Africa Twin
Apologies to the members who can't understand English Afrikaans. An abbreviated version is at the bottom.

Hoe om nie die handlebars reg te buig nie...

So paar weke gelede het ek off-road gery, n draai onderskat, reguit gehou en toe amper die voorwiel verloor toe ek hard briek om te verhoed dat ek in n konkryt blok in jaag. In die proses het die voorwiel onder my uit verdwyn maar ek kon die bike met my bene keer en toe aan die regter handlebar op trek voor hy die grond tref. Ongelukkig is die AT n groot fiets en die handlebars nie die hardste metaal nie so toe buig die bar effens terug. Voel effens snaaks as jy ry en die plan is om die handlebars in Maverick se vice te druk op n stadium om dit weer reguit te buig. Wat volg is n alternatiewe metode om die bars weer gelyk te kry, maar as julle een ding leer uit hierdie storie laat dit asseblief wees dat dit nie die beste metode is nie....

Kom vanoggend laat weg by die huis omdat ek nie gisteraand die fiets klaar kon diens nie. Nie te veel gespin nie want ek het my storie reg vir my baas – bike het petrol gelek en dit was vinniger om dit reg te maak as wat dit sou wees om oor te gaan publieke vervoer toe, wat toevallig die waarheid is. Los maar die bash plate vir vanaand sodat my storie darem nog effens geloofwaardig is. En in elk geval is dit so lieflike dag hier dat ek nie bereid was om toe te laat dat my baas se moontlike hout oog my dag gaan bederf nie. Sit met n nuwe lied in my kop (Down in the river to pray – Youtube of Deezer.com hom maar vir die King’s Singers, Sela, Katherine Jenkins of “O brother, where art though” se weergawe) wat ek uit volle bors sit en sing. Dis hoekom ek ear plugs dra....

Anyway, is nog op die country lane oppad snelweg toe en is besig om teen so lang afdraende af te ry. Voor my is n wit paneelwa en n vinnige kyk bevestig dat ek hom sal kan verby gaan voor die T-aansluiting – net gou die blou Escort wat van voor af kom kans gee om verby te kom. Toe tref dit my dat daai paneelwa nie beweeg nie. Die flikkerlig wat aan is be-aam dat die man gaan regs draai en ek sien ook dat hy reeds stil staan. (Hoekom sal ek sien watse kar dit is wat van voor af kom maar nie dat die paneelwat stil staan nie???) En hy is so 25m voor my en ek ry 55mph. OK, miskien 60. Soek vinnig verbygaan plek (breukdeel van n sekonde) en sien dat hy te breed is om links verby te gaan en ek is in elk geval amper op die middellyn so nou kwaai uitswaai en briek is nie n opsie nie. Kanse is in elk geval dat ek die sypadjie gaan straf en dan in die bome beland wat teen die pad staan. Besluit maar die middellyn is die beter opsie – ek behoort by die paneelwa te wees teen die tyd wat die Escort langs hom is maar hopelik is daar genoeg spasie dat ek tussen hulle kan deur skiet, al moet ek n paar spieëltjies saam vat. Hoop maar die paneelwa se drywer is nie oorgretig met sy weg trek nie. Klim op daai brieke iets verwoedeliks. Gelukkig is die pad droog maar die dat ek hard briek teen n afdraende maak dat daai agterwiel sommer baie vinnig te lig raak en hy begin swaai na links. Lig voet van agterrem af en briek verder maar daar is nie genoeg spasie nie. Al wat ek nou dink is dat ek nie die paneelwa reg van agter af kan slaan nie want hy is te hoog vir my om bo-oor te gaan so dis kop- en/of nekbesering se dinge. Plus die vurke gaan in hul moer in wees want die sal onder my in vou. Het glad nie aan die opsie gedink om die fiets neer te sit nie. Weet nie regtig hoekom nie maar ek hou nie van die opsie om onder iets in te gly nie. Kort voor die paneelwa los ek alle brieke en probeer uit swaai om tussen die paneelwa en die Escort te kom. Nie genoeg tyd nie want ek het nog nie behoorlik herstel van die agterwiel wat ander paaie wou loop nie. Ek leun met my lyf na regs om seker te maak dat my kop nie die paneelwa tref nie.

Ek ry seker so 25mph toe die eerste kontak gemaak word deur die fiets se linker crashbar teen die paneelwa se metaal bumper/trap agter. Kort op sy hakke volg die hand guard, spieëltjie, my linker knie en toe ek begin vlieg tref my linker skouer die paneelwa. Daai een voel ek onmiddellik! Sien met groot dankbaarheid uit die hoek van my oog hoe die Escort se gat by my verby flits. Great, een minder kar onder wie se wiele ek kan beland of wat my weer wil terug vat vanwaar ek gekom het. En toe lê ek op my rug, maar net vir n sekonde want toe’s ek weer op my voete want ek kan nie onthou of daar iets agter die Escort was nie. Gee 1 tree terug om om die paneelwa te loer en gaan sit amper weer op my gat. My bene is jellie. Probeer gou beheer oor hulle kry om vas te stel of daar iets verkeerd is maar dit voel darem net asof dit die adrenalien is wat praat alhoewel ek nie baie gewig op my linkerbeen kan sit nie. My skouer pyn – nogal kwaai maar dit voel net soos n kwaai lammie. Buk af om die fiets af te skakel maar moet met my hand op die tenk rus om te keer dat ek bo-oor gaan. Kan nie hoor of die bike nog loop nie – bloed hardloop nog soos n trop wildebeeste deur my kop en met die ear plugs wat daai “kop in n vistenk” gevoel gee kan ek niks hoor nie. Kry uiteindelik die sleutel raak gevat maar voel voor dit op die tenk dat die bike gevrek het. Spieëltjies kyk die wêreld vol maar is nog aan die bike en nie gebreek nie. n Ou in n swart kar wat agter my is vra of ek orraait is. Ek beduie ja maar hy stop in elk geval om te help met die bike. Die drywer van die paneelwa kom toe by en na hy eers seker gemaak het dat ek orraait is help hulle my gou om die fiets op te tel en uit die pad te kry.

Die drywer vra weer of ek orraait is en om te bewys dat dit wel die geval is swaai ek my arms en skud my bene. (Kan net dink hoe dit moes lyk van n afstand af) Linker skouer voel steeds nie beter nie en my linkerbeen hou nie van die geskud nie maar ek het nog volle beheer oor als so dis OK. Die paneelwa het gelukkig nie skade nie behalwe vir n duik waar my skouer getref het maar die ou is nie gepla daaroor nie.

Die bike lyk nie te sleg nie. Geen panele is gebreek of selfs gekrap nie. Het gou die spieëltjies weer reg gestel (moes die tool kit uit kry) en die linker crash bar is ver genoeg terug gebuig dat die pyp effens geknak het en nou effens in die pad is wanneer ek ratte wissel maar darem nie te erg nie. Sal hom weer reguit genoeg kan buig maar ek weet nie of dit so goeie idee is om weer daai stel op te sit nie. Die probleem is dat hulle voor dieselfde mounting gebruik as die bash plate, en as daai skroewe vas was vanoggend sou daai mounting tien teen een af gebreek het. Sal kyk of ek dieselfde patent kan prakseer as wat Brakenjan se KTM gehad het waar die linker en regterkant teen mekaar druk i.p.v. om voor teen die bike vas te bout. Die hand guard het beslis gekeer dat my vingers vergruis word teen die paneelwa. Die wys nou grond toe maar ek kon dit darem oortuig om weer hul posisie in te neem. Inspekteer ook die vurke en voorwiel maar sien geen tekens van skade nie. Na so paar minute wat ek eers sit om die adrenalien-bloed verhouding weer reg te kry en my klere inspekteer vir enige skade (geen) ry ek toe maar sonder voorval verder werk toe. Dink nie daar is enige ander skade nie behalwe dat my brights nou flits elke keer as ek die koppelaar in trek. Sal voor ek huis toe gaan gou loer wat daar aan gaan want hier beteken dit mos dat jy iemand anders die reg van die weg gee as jy vir hom flits en dit kan bitter gevaarlik raak veral wanneer jy tussen die karre deur vleg. My linker duim pyn ook erg en ek kon nie onmidellik uit figure hoe dit gebeur het nie tot ek onthou dat ek hom gisteraand tussen n spanner en vurk vasgeslaan het toe die caliper se bout eweskielik los gaan. Duh!

Wonder wat sou gebeur het as ek nie volledig in al my motorfiets klere, insluitende back protector en Leatt brace aan gehad het nie. Die bike sou beslis baie slegter daaraan toe gewees het sonder die crash bars.



“En die handlebar” hoor ek julle vra – albei kante is nou ewe ver terug gebuig so ten minste is ek die moeite van die bars af haal gespaar. Sien, die dag het nog potensiaal!





O ja, die een wat my vrou hiervan vertel se eiers is op my spyskaart....


English version:  White van 1 - Lootch 0. No fault of driver. No major damage to bike, van or body. Handlebars at equal angle again. ATGATT for body and bike is very important
 
Top