Koedoeskloof toe en terug...

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Garfield

Race Dog
Joined
Feb 17, 2014
Messages
2,968
Reaction score
574
Bike
Honda CRF 300L
Na uitstel, uitstel en weer uitstel het ons die naweek kon wegkom Koedoeskloof toe.

Koedoeskloof is net buite Ladismith, behoort aan Eugene en Debbie, en is absoluut DS biker vriendelik.
Een van daar die plekke waar die enigste vraag is - wanneer gaan ons weer soontoe?

Vrydag soos gewoonlik te danke aan werk later as beplan gery, en die weer was nou nie wat meeste mense sou beskruf "bike ry weer" nie, met reen en wilde Noord Wes wind wat waai, maar nou ja, ons is mos nie bang nie :)

'n Halfuur in die trip in moes ons stop want pa moes nog bietjie werk, ons kry toe 'n geskikte plek buitekant Paarl.

IMG_4609_zps92cf0205.jpg




Van daar af sommer kortse pad deur die Hugenote (Du Toits Kloof) Tonnel - ons ry nie gewoonlik deur die tonnel nie, maar die weer het my laat besluit die pas gaan onplesierig wees.

IMG_4610_zpsdae182ac.jpg




Nie een van ons het al iets gehad om te eet nie, so ons besluit om gou te stop en 'n paar stukkies droewors te gryp terwyl ons hard probeer om vir die wind weg te kruip.

IMG_4613_zpsbe23b4b1.jpg


IMG_4615_zps2292cbf6.jpg




In Montagu het ons besluit daar is genoeg tyd vir koffie, dalk ontdooi ons bietjie.

IMG_4620_zps72f95122.jpg


IMG_4622_zpsb5befcf6.jpg




Van daar af was dit deurdruk Koedoeskloof toe, die laaste 80 of so km in die donker met die lawwe NW wat waai, 'n warm stort, lekker wyn en Koedoeskloof se tuisgemaakte Koedoe Burgers voor die vuur.

Saterdagoggend se opstaan, nie te vroeg nie, en buite lyk dit so...

IMG_4624_zpsae76437b.jpg




Na 'n heerlike ontbyt tyd om te gaan ry, rigting Seweweeks Poort (Seweweeks Poort is een van daardie plekke waar daar elke 200m 'n NOG beter plek is om te stop vir piekniek.

Maar eers gou stop by die kerk in Ladysmith...

IMG_4626_zps4c175302.jpg




En dan...

IMG_4629_zps380a3975.jpg


IMG_4630_zpsb52a5c64.jpg


IMG_4635_zps11188e76.jpg




En in die poort, sowaar 'n Meerkat...

IMG_4708_zpsc3440087.jpg




'n Vinnige stop vir 'n bietjie Namaqua (dit kom dalk uit 'n "box" maar loop soos 'n muis met slippers)

IMG_4713_zps49fb12f5.jpg


IMG_4716_zps1502355f.jpg




Dan maar net bietjie ry...

IMG_4740_zpsa4a4cf3e.jpg


IMG_4748_zpsd9835d5e.jpg


IMG_4752_zps5d16e3cf.jpg


IMG_4754_zps6d6a0ef3.jpg


IMG_4763_zps9361b168.jpg


STL_4777_stitch_1_zps9703a855.jpg


IMG_4780_zps61978aaa.jpg




En 'n middagete wat terugstaan vir niks.

IMG_4783_zps251be5f2.jpg


IMG_4784_zpsf0af437c.jpg


IMG_4789_zpsa7526bc3.jpg




En die middag maak klaar met drinks by nog 'n bekende plek, waarna ons terug is Koedoeskloof toe vir die aand.

IMG_4791_zpsa8531c01.jpg


IMG_4793_zps9160a035.jpg




Daar was al 'n hele paar mense wat ons ken ook daar...

IMG_4792_zps1331d14f.jpg




En terug na ons oornagplek.

IMG_4798_zpsc059784a.jpg


IMG_4801_zpse9fc7a6a.jpg


IMG_4831_zps05f4df1f.jpg


IMG_4841_zpsa7243419.jpg


IMG_4846_zps172224f2.jpg


IMG_4851_zps5906584b.jpg


STJ_4878_stitch_1_zpsc6ebe0b8.jpg


STJ_4878_stitch_2_zps88a8d679.jpg


IMG_4887_zpscd4ae579.jpg




Dan is dit weer huistoe, en op pad wil die tiener voel hoe ry ma se 650...

IMG_4898_zps874d3c5e.jpg




In Barrydale word ons eers warm by Diesel & Creme

IMG_4899_zps4996b670.jpg


IMG_4904_zpsc5dd2eca.jpg


IMG_4910_zps2b813342.jpg


IMG_4915_zps41ff69db.jpg


IMG_4917_zpsf7059442.jpg


IMG_4919_zpsbc69f5a4.jpg




Nog 'n padstal of twee... drie... vier (ek het die tiener belowe ons kan stop vandag)

IMG_4921_zps0305bbf3.jpg


IMG_4924_zpsda5aa4e3.jpg


IMG_4920_zps6548be0d.jpg




Dan middagete op Du Toitskloof (dit sou lekker wees om te weet waarvoor die klippe daar is, maar iemand het die beskrywende koper plaque meer nodig gehad)

IMG_4927_zps56035d1c.jpg


IMG_4929_zpsc3cb262f.jpg




'n Laaste bietjie speel naby die huis, en 'n vinnige koue versnapering en nog 'n heerlike naweek in die geheue bank.

IMG_4940_zpsff98fb80.jpg


IMG_4942_zpsfba41598.jpg


IMG_4944_zpsb71b906d.jpg


IMG_4947_zpsda827504.jpg
 
Top