Replacing Swingarm and suspention link bearings

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Matewis

Race Dog
Joined
Sep 23, 2013
Messages
2,487
Reaction score
129
Location
Soneike, Kuilsrivier
Bike
BMW R1150GS Adventure
Na die laaste trippie Kleinmond langs het Saagie se exhaust bracket gebreek. Met dit het ek toe sommer besluit dit is aanvang van winter en dis tyd om swingarm bearings te vervang aangesien ek nie groot geld vir die "stealers" wou betaal vir anders races/bushes mawakkies nie. Ook maar goed, na BAIE Q20/spookpiepie, 6 biere en 'n GROOT hammer en punch het ons die bout uitgehad wat die hele toetie aanmekaar hou.

Siende dat ek toe besig is begin haal ek toe sommer die suspension links ook af. En toe begin Spykerkuif sommer alles afhaal wat hy kan. Footpegs, bashplate, side-stand, chain tensioners.

Nou hierdie word nou alles gesandblast en dan oorgespuit, en ek het reeds nuwe needle bearings en seels bestel van West Cape. R400 vir als. BARGAIN.

Intussen het ek ook die res van die bike begin strip, my handle bar was gebuig, het hom so gekoop. So die handle bars is afgehaal en reguit gebuig en gaan silwer gespuit word. Ek het ook die hazard switch reggemaak. Was vrek vuil binne, bietjie Q20 en kontakte skoongemaak en daar flikker die ou weer.

Al die switches word ook skoongemaak en hy kry nuwe grips. Petrolkabel afgehaal en sommer lekker Q20 gespuit sodat hy glad kan oopmaak. Lug-filter gaan ook vervang word en dan gaan ek nuwe sprockets en ketting opsit.

Sal bietjie later 'n foto of 6 oplaai

Sommer so vragie: wat is die verskil tussen 'n o-ring en x-link ketting?? Prysverskil is so R200-250 en ek wil weet of die duurder ketting die geld werd is.

:ricky:
 
Top