Wat om te doen op 'n Saterdag in garage

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Old School Biker

Pack Dog
Joined
Mar 14, 2012
Messages
425
Reaction score
0
Location
Villierdorp
Bike
Yamaha XT 660 Z
So ek was 'n slag by die huis en kon bietjie in die garage krap. Ek wou al lankal vir my laaitie iets maak vir sy kamer. Ek het so paar ou matchbox karretjies gehad wat ek op sy rak wil sit maar sussie verstaan nie so leke nie ;D. Daar hang nou seker al so hele paar maande 'n ou E-07 in die garage wat effe glad gery is. Het toe so deur die reg pakkery op 3 mooi plankies af gekom wat ideaal was en wat mooi in die bead gepas het. Die skuur masjien is toe nader getrek en die plankies is geskuur. Het hulle mooi wit geverf en gelos om droog te word. So tyd terug het Reggies in Worcester toe gemaak en hulle het enkel matchbox karretjies op special gehad vir R10 een so toe koop pa een van elk wat oor was. So gaan kuier ons weer by my Pa'le in Worcester en toe was Oupa ook in 'n speelgoed winkel en kom toe ook met 'n sak vol karretjies vir boetie aan. So Pa wil graag hê boetie moet ook 'n petrol koppie word soos hy en ons moes plan maak. Hier is die eindrusultaat van die "projek", ek dink dit het nogal goed uit gekom. :)
 

Attachments

  • IMG_20160903_150610.jpg
    IMG_20160903_150610.jpg
    183.4 KB · Views: 421
  • IMG_20160903_151036.jpg
    IMG_20160903_151036.jpg
    189.2 KB · Views: 418
  • IMG_20160903_150621.jpg
    IMG_20160903_150621.jpg
    222 KB · Views: 426
  • IMG_20160903_150804.jpg
    IMG_20160903_150804.jpg
    224.2 KB · Views: 422
Top