My eerste was 'n Suzuki TS 125. Daai fiets kon enige iets doen. Die beste was wanneer die ander outjies met hulle TZR125's wou "dice"... ek het nie eers agtergekom nie, want Suzi het net oop geloop onder hulle uit...

Nadat ek haar gehad het en aanbeweeg het, het my boet (Mielies 25) haar oorgeneem. Die fiets het bly perform...totdat iemand eendag by die skool die carburator gesteel het!!! Dit was tragies. Die enigste manier om 'n nuwe carb te kon kry was om een van Japan af te bestel. Daai tyd sou dit iets soos R4000 gekos het om in te voer... Bobby Scott het toe plan gemaak en 'n DT 125 carb maak pas op die Suzi. Alhoewel sy weer aan die beweeg was, was al die flair en torque weg gewees...

Die fiets was oorspronklik (deur my Ma

) gekoop vir R11 000 en Mielies het hom verkoop (met die make-shift carb) vir R8000.
Ek het ongelukkig nie digital foto's van haar nie, die een hieronder kom die naaste, alhoewel myne blou was

Uploaded with
ImageShack.us