...en Victoria Wes is nie eintlik "om die draai" nie....
Ek werk myself sommer van voor af op... Vanaand baklei ons weer oor iets wat seker 8 jaar terug gebeur het.

Ah, onthou ek nog iets!
Die hotel se Mnet reception was HOND K@K en ek was daai tyd nog erg oor rugby. Was besig om aan te trek en so deur die sneeu te kyk hoe die Cats eintlik vir 'n slag voor was maar moes toe stop om kerk toe te gaan. My foon was op silent as die winkel my gesoek het en die ding het in my broeksak mal gegaan. Gevoel soos 'n vibrator soos hy gebewe het, was nogal lekker.....
Dit was almal wat bel om geluk te sê want dit was die eerste en enigste Cats oorwinning daai jaar in Super Rugby. En daar sit ek in Victoria Wes in 'n kerk vir 'n troue van mense wie ek nooit ooit weer gaan sien of ken nie....