Ja ander springs kan help maar mens moet net in gedagte hou dat die crf 'n mx furk op het.
Ktm's se enduro furke is baie lekkerder vir meeste van my tiepe stuff. Hulle nose dive wel meer in die draaie in en dit maak hul "dodgy" as jy begin jaag en minder van 'n plesier.
Horses for courses soos hulle se.
Ek dink nie mens sal baie maklik die Showa's "gemaklik" kry nie, maar dit defeat die purpose van daardie furke. Ek het vir die 1ste maal vandat ek die crf het, hom gery soos hy gery moet word en ek is 'n "changed man" Ou-toppie DS rides is nie meer vir my nie.
Ek dink mens begin maar net 'n punt bereik waar die bike gemaak is vir mense wat 'n sekere doel in gedagte het. Soos ek se, as jy nie soos 'n mal ding wil jaag nie, kry 'n XR of so iets.
Ek het wel gevind Johan, dat die tubliss sisteem op my voorwiel baie help! Ek hardloop 0.8 bar en dit het 'n verbasend positiewe effek op die andersheids "harsh" furke met die aditionele plus punt dat jy awesome grip by kry. Die tubliss sisteem help ook om te verhoed dat 'n ou die band sou deur stamp met die lae druk wat jy loop.
P.S my pel HK is nou weer opsoek na 'n 530. Ons gaan dan Lesotho toe vir 'n proper small bike DS ride en jy moet ons join! Sal jou op hoogte hou.
Ons gaan seker so 3 dae loop doen en kamp in die veld elke aand.