Ras hoe maak julle daai pampoene nat tussen die lemoene?
Chris ek werk met dripper lyne. My drippers lewer 2,3 liter/uur en my spasieering is elke meter. By elke dripper word daar 4 pampoen pitte/plantjies geplant. Kyk na die foto van die nuut aangeplante boompies. Daar kan jy duidelik die pampoen plantjies ook sien.
My boom spasieering is 6 x 3m. Dus elke boom het 'n dripper by sy wortel, 'n meter links en 'n meter regs.
Die drippers links en regs van die boom is egter 'n mors van water en kunsmis (aangesien ek water oplosbaar gebruik) en vandaar die gedagte om pampoen pitte daar in te druk.