Is jy honger?? Kom eet tot jy le en eet dan verder (R120) 14 Sept

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Riebeeker

Race Dog
Joined
Mar 16, 2008
Messages
3,812
Reaction score
0
Location
Riebeek Kasteel
Bike
AJS (all models)
Ommi tafel met Plaas Tannie


Die Jordaan-familie boer reeds sedert 1913 op Onbedacht, ‘n plaas in die Swartland, meestal met koring, beeste en skape.
Die reuse ou plaashuis is sedert 1970 nie meer bewoon nie en grootliks as pakhuis gebruik.
In die boere gemeenskap was familie en veral Sondag-middag-etes nog altyd baie gewild en siende dat in hierdie plaashuis agt kinders opgegroei het, het die leë opstal ‘n monument geraak van onthou-stories en fami-lie-afstammelinge van dwarsoor die wêreld saamgebind.


Tydens verjaarsdae en familie-byeenkomste het familie-lede van oral af op die plaas byeengekom en mens het besef dat indien ons nie hierdie volks-tradisie gaan laat herleef nie, gaan dit uitsterf!
Gedurende 2010 het ons dus die verlate opstal in sy glorie herstel,
en weer etes soos lank gelede aangebied. Een Sondag per maand
kook ons al die gunstelinge , net soos ons voorouers
dit gedoen het en dan nooi ons alle belangstellendes om
saam te kom eet. Plaas Tannie het seker gemaak dat die
opstal sy nostalgiese atmosfeer behou en sy poog om
haar gaste rustig te laat ontspan terwyl elke besoeker ver-
seker kan wees van vyfster-behandeling.


Aangesien die woonhuis vir soveel jare die simbool van sterk familiewaardes was, kon ons nie an-ders as om dit as deel van Plaas Tannie se logo te gebruik nie. Theunet van Niekerk het met behulp van ‘n foto die huis en palmboom pragtig verewig en daarna het die skets maklik sy weg na ‘n bord gevind en hierdie kenteken sal jy altyd op Plaas Tannie se posstukke en produkte vind.
Sedert Plaas Tannie die eerste keer tafel gedek het en vir gaste gereed gemaak het, het hier al honderde gaste genoeglike etes by Plaas Tannie geniet. By Plaas Tannie het ons nie bemarkings-foefies en groot advertensie-veldtogte nie. Hier vertel gaste vir mekaar hoe lekker dit was. En die wat eers eenkeer by Plaas Tannie was, kom sekerlik weer en weer.
En een ding is waar: By Plaas Tannie raak ons baie gou dik pelle!!


[email protected]

Plaas Tannie
se tafel is gelaai met:
Vars gebakte brood
Tuisgemaakte konfyte
Groenvye en Bokkoms
En makkataanstukke
Groente– en mosselsop
Kerrie-afval
Waterblommetjies
Skaapboud
Hoenderpastei
Braai-aartappels
Groente met kaassous
Pampoentert (dit sal jou
lewe verander!!)
Lekker slaai

Nagereg:
Jellie en vla, sago-poeding, Jan Ellis, roly-poly,
lekker kaaskoek,
Heuningkoek
sjokolade…
te veel om op te noem……...

Plaas Tannie se kosmakers is Helena Jordaan, ‘n regte onthou-kok, by-gestaan deur die uiters kreatiewe en meer tegniese Joy Coetzee.
In Plaas Tannie se kombuis kook ons eerlike kos, sonder onnodige fieter-jasies, net soos boere-tannies dit al vir dekades lank doen.

Hier word vroeg opgestaan, sodat brood vars en warm uit die oond kan kom, die afval en water-blommetjies word lank in dikboompotte gestowe tot murgsag en natuurlik, diep in die nag word die tertdeeg oor en oor uit gerol, net soos Lady Ann Barnard se balbakkers dit drie eeue gelede in die Kasteel in die Kaap gedoen het. By Plaas Tannie kook ons onthou-kos, hier ruik en lyk dit soos in ons ouma’s se kombuise , want hier word uit die hart gekook. En wanneer die laaste blaar-tjie op die slaai of nagereg reggetrek is, dan kuier en eet ons ’n hond uit ’n bos uit, want sien hier

Raak almal gou dik pelle!!

Met al die lekker tradisionele kos het mens natuurlik iets te drinke ook nodig!!
Gaste word verwelkom met ‘n bekertjie sjerrie, dis net sodat almal die ete op dieselfde bladsy begin!
Agter die kroeg-toonbank is Oom Soois en hy sorg dat gaste
gelukkig en tevrede is.
Plaas Tannie bied ‘n verskeidenheid van heerlike tafelwyne,
almal gemaak deur Riebeek Kelder!
En onthou:
Ys is oppi hys!
Indien jy graag jou eie wyn wil saambring, is jy welkom!
Vir die gaste wat meer van sagte-drankies hou, daar is ook
‘n self-help koffie– en tee-stasie en Plaas Tannie brou ook
heerlike gemmerbier…..jy kan selfs ‘n bottel of twee saam
huis toe neem!

Hoe moet mens maak dat Plaas Tannie spesiaal vir jou, saam met jou gesin of ‘n paar vriende ‘n tafel dek?
Dit is noodsaaklik om te bespreek!!
E-pos: helena @onbedacht.com
Foon: Helena j: 022 433 2473…..083 317 5536
Joy Coetzee: 022 433 1445…...083514 8785

Plaas Tannie kook
6 April
11 Mei (Moedersdag)
15 Junie (Vadersdag)
20 Julie
10 Augustus
14 September
12 Oktober (Oupa en Ouma-dag)
2 November
7 Desember

Die Plaas Tannie-span
is ook gereed om enige funksie spesiaal vir gaste te kook en aan te bied.
Verjaarsdae, herdenkings, jaar-end-funksies, kon-ferensies, werkswinkels…..
Julle noem dit…...Ons doen dit

Gps Ko-ordinate:
S 33° 12,936’ E 18° 47,942’

By Plaas Tannie raak ons almal dik pelle….
Gaste wat ‘n ete by Plaas Tannie bespreek, kan verseker wees, vir hulle word spesiaal reggemaak!
In Plaas Tannie se eetkamer heers ‘n gemoedelike at-mosfeer en gaste kom hier bymekaar om te kuier, lekker te eet soos hulle dalk laas by hul ouma geeët het en om te ontspan. Op ‘n Sondag is Plaas Tannie gewoonlik vanaf 12h00 gereed vir gaste. Al die kos, vanaf die brode tot die nagereg word as buffet voorgesit. Niks raak op nie en geen gas hoef gejaagd te voel nie, want hier eet ons proe-proe en rus-rus.
Plaas Tannie se eetkamer is kindervriendelik, ons kan rol-stoele hanteer, maar jammer, ons kan nie kaart-betalings verwerk nie. Kontant, tjeks en EFT word aanvaar!

Daar sal weer skaapkop ook beskikbaar wees!
 
Top