4 Corners solo trip op trusty DR

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Morokai

Pack Dog
Joined
Mar 17, 2013
Messages
345
Reaction score
0
Location
Stanford
Bike
Suzuki DR650
So hier is dit nou uiteindelik. Ek spring weg in die volgende paar uur. Bike gepak en geprep. Roetes min of meer uitgewerk. Ready soos n coiled spring!!

Hierdie gedagte om die 4 corners te doen dink ek al n hele ruk aan en baie nagte se brein sinapse wat nie tot ruste kom nie, maar hier is dit nou.

My plan is om ooskus op te ry deur Swaziland en noord na Louis Trichardt, sal daar wees vir kersfees en bietjie weer my geboortedorp explore op die DR. Sal daar goed na my steed kyk en lekker service waar ek haar vir 7 weke aan die slaap moet sit om te gaan werk. Sal dan nog 7 weke van slaaploose nagte moet oorleef terwyl ek die tweede helfte van my trip beplan. Natuurlik grens langs tot Alexanderbaai, weskus af en terug na Aapstad toe!

Ek gaan my hele roete wat ek ry op SPOT track en my progress kan gesien word op die volgende link :
https://share.findmespot.com/shared/faces/viewspots.jsp?glId=0GkYBOIbIYG5zafXqQvRmYJtHB4zTISTh

As ek in jou area is en wil graag saam ry, laat weet dan maak ons plan!
 

Attachments

  • DSC_0953.JPG
    DSC_0953.JPG
    301.3 KB · Views: 1,779
  • DSC_0963.JPG
    DSC_0963.JPG
    378.7 KB · Views: 1,784
Top