Dag 9 - 13/12/2015Aand voor die tyd is als gepak en bikes opgestrap. Die opgewondenheid maak dit weer so bietjie moeilik om lekker te slaap. Yes, die trip gaan weer aan.
Vroeg Sondagoggend al wakker en kom so net na sonopkoms weg uit Cintsa. Ry meestal teerpad tot by Keimond waar ons arriveer met als wat nog toe is, selfs die petrolstasie. Ry bietjie rond en kry n plek wat ons nog n koffie gee.
Opgevul en gecaffinated is ons eerste op die vlot, oor die mond, en in die Transkei. Ek was so 9 jaar terug deur die kai en het n baie awesome experience gehad, so was opgewonde om die keer met n bike deur te ry. Maar baie onlangse reports van mense het vertel hoe teleurstellend die kai nou is.

Die eerste uur se ry was baie lekker. Paadjies mooi, rolling hills pragtig, min ander mense op die pad maar toe ons die groter villages begin nader begin dit suid gaan.
-Klein fokkerkies wat ons met klippe gooi
- Bliksems wat in die middel van die pad kom staan, oopgesprei, asof ons te probeer stop
- Opgehou tel hoeveel gestures gemaak was vir geld, handjies uitgestrek om te bedel
- n Blou golf wat ons van die pad af probeer ry het....eks seker hierdie donners was heweglik gesuip gewees
- Paaie het al hoe meer rutted en vol gate geraak
So ons maak to Coffee bay so net na 13h00, eet n burger en drink n bier om te besluit wat ons volgende aksie sou wees. Plan was om in een dag deur die kai te ry, maar ons was nou nogals gatvol en afgepiss vir hierdie plek, en ook ons het petrol gekort op n sondagmiddag. Na nog n paar biere besluit ons toe om maar daar te kamp en more verder die goeiende klippe aan te durf. Het toe glad nie sleg uit gedraai nie, lekker tyd gehad om mooi roete te beplan na Maclear, n groot groep duitsers wat ook by Buccaneers was n paar aande terug was toe ook daar.
Was n gesellige aand, moet sê, het goed geslaap daai aand