Dag 28 - 23/2/2016Lekker buite onder die sterre geslaap by Oewerbos. Voor sonop wakker en gepak, reg om te ry! Moerse opgewonde om die westelike punt vandag te maak

Ry deur Kotzehoop en al langs die grens af. Weereens n pragtige 4x4 roete gery deur kloofies en koppies. Hierdie een was baie makliker as gister se 4x4 roete

Deur Eksteenfontein en langs die buite ruike van die Richtersveld nationale park. Hierdie landskap hier is ook vreeslik dramaties en vreeslik mooi!
Nader aan Alexander baai begin dit baie koud raak, koudste wat ek op die hele trip al ervaar het. Welkom by die weskus! Maak Alexander baai border post met groot exitement binne myself. 4 uit die 4 punte gemaak!!! Nou net in een stuk by die huis aankom!
Ry al langs die kus af in n sterk koue wind wat dit nogals onaangenaam maak. Deur Port Nolloth, Kleinsee en Koingnaas. Skiet van hier af binneland toe ( Is nou nie juis lus om dik sand te gaan ry nie

) en kom tot by stilstand in Garies. Wat n kak plek. Kan nie eens in die hotel se bar rook nie! Maar ja, wil net die aand hier spandeer, more slaap ek in my eie bed!