Janee waaragtig, die goed is lewensgevaarlik. En al die trokke

Ek het dit net tot op Memel gemaak. Ek kon darem so 3 ure slaap. Voel nou asof 'n trop olifante makietie op my kop gehou het.

Toe ek die dorpie deurry opsoek na akkommodasie, ry ek deur 'n sloot in die dwarsstraat en daar hak die sleepwa af

. Hy hang toe net aan sy ketting. Dank die Vader dit het nie met die vrag bokke gebeur nie. Ek gaan daai hak mooi deurkyk maar my gevoel is om hom sommer te vervang. Hy is al amper 10 jaar oud.
So 'n oopsie kan baie hartseer en verdriet vorentoe veroorsaak.