Hi Dorsland, is daar enige risiko vir siektes noudat jou bokke in die trope gehervestig word?
Raait, darem vroeg by die gastehuis vanaand.
Herklaas, ja daar is wel siektes wat hulle kan opdoen soos PPR, scrapie, bokpokke, Johnes siekte omdat Suid-Afrika vry van hierdie siektes is, maar Afrika nie. Daaraan kan mens ongelukkig nie veel doen nie. Die bokke word in elk geval teen meeste siektes ge-ent as deel van my dieregesondheidprogram. Ek staan my kliente by met die opstel en bestuur van hulle dieregesondheidprogram waar die bokke heen gaan maar die grootse problem is die onbeskikbaarheid van entstowwe in ander lande. In Afrika is Slenkdalkoors 'n algemene probleem so hulle word almal daarteen ge-ent in die nuwe land.
Die "regering" in Suid-Afrika besef nie watter nasionale bate hulle in Onderstepoort het nie en watse bate ons nasionale gesondheidsregime is. En nogtans verniel hulle dit willens en wetens. Dit maak my skoon naar op my maag maar hierdie is nie die fred om my bemoerdgeit uit te haal nie.
Al wat ek kortliks wil sê is dat as mens so weg is van ons land dan moet ons met alle mag en geweld veg om te behou wat ons het kerels. Dis soos fyngoud, dis ons s'n, dis onvervangbaar. Ons land en ons kultuur en wat ons opgebou het in Suid-Afrika mag nie sneuwel nie!