Dankie vir al die mooi kommentaar, almal. Dit is 'n regte confidence booster.
Lekker het ek nou saamgery met my oggendkoffie in hand.
Nannie is 
Of is dit nou Oom wat haar so mooi leer? 
Oubones, ons het 'n wilsbesluit geneem dat ons nie ons pensioenjare gaan sit en wag om dood te gaan nie, maar gaan lewe tot ons doodgaan. Ek wou regtig graag self bietjie ry, maar was 'n erg lousy ryer. Louis het geen koste of moeite ontsien om vir my die regte fiets te kry nie. Met die hulp van 'n paar mense en groot magic van superfoxi het ek en Bettie Bok groot maatjies geraak. Sy is 'n fantastiese fiets en eie aan haar naam ry, hop en skip sy deur en oor alles. (Net iemand wat die karater van 'n bok ken sal verstaan wat ek sê.)
MAAR
Ja, as dit nie vir Louis is nie, sal ek dit nooit maak nie. Ek het al 'n hele paar videos gekyk, en alhoewel dit baie help, is dit die werklike hulp en ondersteuning tydens die ryery wat die ding doen. Hy bly gee raad (dankie Sena) en praat moed in. Hy is elke keer daar om vir my en Bettie op te help as ons val. Hy loop agter ons deur riviere om seker te maak ons spoel nie weg nie. Hy masjeer die "nuwe" spiere in my lyf wat so blerrie seer raak van al die vreemde en nuwe bewegings van bike ry. Hy bly prys my vir elke nuwe obstacle wat ek oorkom. Ek weet hy offer BAIE op om saam met my te ry. Hy kan nooit teen sy pas ry nie, want hy pas my op. Ek sou dit nie sonder hom kon doen nie. Dankie jy.
Hy het my darem nog net een maal van 'n moewiese hoë en styl sandhoop afgestoot

. Ek het nie die moed gehad om dit af te ry nie en het op die randjie bly huiwer .... toe gee hy so stootjie van agter af en ek het toe geen ander keuse gehad om af te ry nie. Daarna het ek die hopie sommer self 'n paar maal op en af gery.