Baie dankie dat julle ons genooi het, die twee ou toppies op die ou Hondas, ons het julle gelukkig nooit opgehou nie, ons het dit moerse geniet, die fyn truuks het so op die tweede dag terug gekom en die stressvlakke het gedaal. Julle ouens weet hoe om te kuier, dit het die senuwees kalmeer. Die organizing en blyplekke was perfek. Die Tankwa is een van my gunsteling plekke en dis n heeltemal ander ervaring op n bike, ek sal dit enige dag aanbeveel. Dankie weereens.