Ek wil nie weet wat kos dit nie Bill.

Mens kan ok nie anders as om te dink aan al die ander skade wat die omgewing opdoen deur die klomp gif op die grond. Maar hoe anders? Soms is boerdery maar 'n ongenaakbare bedryf jong.
Kollega in die Kamdebo vertel my vanoggend dat daar ook "van die springkane oortrek is, en hulle hou nie op nie". Hy sê hy het dié naweek nog "rooibaadjies" soos hy hulle noem en wat ek glo voetgangers is, naby Pearston gesien het.
Vanoggend sien ek my buurman se naaste 3 lande aan my is ook stoppels gevreet. Oppad na die N9 toe lê daar sulke hope in die pad waar hulle Sondag gespuit het. Nog baie springkane wat swerm N9 se kant toe en oppad dorp toe. Ook hier by my in die rante waar mens die bliksems nie in die hande kan kry om te spuit nie. Ek het darem sipermetrien gekoop vanoggend en my brandspuit staan reg om onder hulle in te klim sodra ek sien waar slaap hulle.