Welcome, Guest. Please Login or Register

Author Topic: Nog 'n "Long Way Down"  (Read 2093 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Doringboom

  • Race Dog
  • ***
  • Bike: Suzuki DL 1000 V-Strom
    Location: Gauteng
  • Posts: 610
  • Waar daar 'n wil is, is daar 'n weg!
Nog 'n "Long Way Down"
« on: November 18, 2008, 02:35:36 pm »
Op 2 November 2008 het 3 Nederlanders vanuit Berkel-Enschot in Nederland op 2 TDM's en 'n GSA vertrek oppad na die Kaap. Hulle het Egipte op 17 November binnegegaan. Die mense wat nie 'n probleem het om Nederlands te lees nie kan hulle reis op hulle webwerf volg en ook meer lees oor die span, hulle masjiene, hulle roete, ens. :ricky:

http://www.motorenoppad.nl/

Jy kan ook hulle gasteboek teken.  Ek reken hulle sal enige handige inligting en 'Wilddog' belangstelling in die algemeen grootliks verwelkom. Dalk kan van die 'Wilddogs' in die Kaap ietsie reël ter viering van hulle aankoms daar ;)


Ouskool is koel.
 

Offline Rooies

Re: Nog 'n "Long Way Down"
« Reply #1 on: November 18, 2008, 03:05:35 pm »
Going to be interesting to see how the TDM's behave.  Nice on-the-go case study for the "Bike of choice for solo trip through Africa" thread.  (Not that they are doing it "solo", but you get what I'm saying.)
Current:     BMW R1150GS -> "Die Waterbuffel"
                  Honda XR650L
Previous:   BMW R1200GSA
                  Honda XL700V
 

Offline Doringboom

  • Race Dog
  • ***
  • Bike: Suzuki DL 1000 V-Strom
    Location: Gauteng
  • Posts: 610
  • Waar daar 'n wil is, is daar 'n weg!
Re: Nog 'n "Long Way Down"
« Reply #2 on: December 14, 2008, 08:33:25 pm »
Die manne vorder :ricky: Volgens die laaste berigte bevind hulle hulself in Ethiopië. Op plekke is die sand maar dik en sukkel dit om die swaar baaiks regop te hou, die grondpaaie is sleg, die temperature is in die hoë 30's, die doeanebeamptes is nie oral tevrede met hulle dokumentasie nie, ens.

Die eerste foto's is hier te sien:

http://motorenoppad.hyves.nl/photos/
Ouskool is koel.
 

Offline Tonteldoos

Re: Nog 'n "Long Way Down"
« Reply #3 on: December 14, 2008, 11:13:44 pm »
Ek hoop hulle het hul band keuse verander vir afrika, daai road tyres...
Challenge = Innovation = Change
 

Offline Doringboom

  • Race Dog
  • ***
  • Bike: Suzuki DL 1000 V-Strom
    Location: Gauteng
  • Posts: 610
  • Waar daar 'n wil is, is daar 'n weg!
Re: Nog 'n "Long Way Down"
« Reply #4 on: January 06, 2009, 10:49:05 pm »
Die driemanskap vorder steeds :ricky: Hulle vat dit heel rustig en hulle spandeer heelwat tyd om onder meer die Groot 5 te siene te kry. Op die oomblik is hulle naby Livingstone in Zambië. Ongelukkig kon hulle weens vrot lugvragdienste nie in Malawi ontvangs neem van hulle besending nuwe bande nie. Daar is ook nuwe foto's op hulle webwerf. Ek sien in hulle gasteboek dat daar iemand in die Kaap is (hy het 'n Foschini e-pos adres) wat sy hulp aanbied vir hulle verblyf ens. in die Kaap. Dis 'n baie edel gedagte :thumleft:
Ouskool is koel.
 

Offline Karoosafari

  • Newbie
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Western Cape
  • Posts: 3
    • Karoosafari
Re: Nog 'n "Long Way Down"
« Reply #5 on: January 08, 2009, 02:00:01 pm »
Hi daar aan almal wat hierdie trip volg

Ek is die ou in die Kaap wat hulle gaan help met verblyf en sal moontlik ook 'n group ride en bymekaarkom probeer reël sodat almal wat belangstel hulle storie kan hoor.

Volgens die inligting wat hulle aan my deurgegee het sal hulle net vir 'n week in die Kaap wees waartydens hulle hulle terugvlugte moet finaliseer en ook die verskeping van die fietse moet reël. Hulle sal dus nie heeltyd die fietse tot hulle beskikking hê nie en die tyd in die Kaap val hoofsaaklik in die week wat dit moeilik sal maak om rond te ry. Hou dus maar die thread dop vir meer inligting oor die moontlike verwikkellinge!!
 

Offline Doringboom

  • Race Dog
  • ***
  • Bike: Suzuki DL 1000 V-Strom
    Location: Gauteng
  • Posts: 610
  • Waar daar 'n wil is, is daar 'n weg!
Re: Nog 'n "Long Way Down"
« Reply #6 on: January 08, 2009, 02:38:54 pm »
Hallo Karoosafari,

Man, dis nou ??n baie mooi ambassadeursrol wat jy hier speel :thumleft: Ek is seker jy sal maklik daarin slaag om ??n skaflike ??Wilddog verwelkomingskomitee? vir die drie Nederlanders op die been te bring. Jy moet hulle ook oortuig om nie die Kaap (met net ??n week se verblyf) af te skeep nie ?? dit kan maklik die hoogtepunt van hulle hele toer wees :D

Sterkte met al die reëlings!
Ouskool is koel.
 

Offline Doringboom

  • Race Dog
  • ***
  • Bike: Suzuki DL 1000 V-Strom
    Location: Gauteng
  • Posts: 610
  • Waar daar 'n wil is, is daar 'n weg!
Re: Nog 'n "Long Way Down"
« Reply #7 on: January 20, 2009, 02:48:38 pm »
Die driemanskap het gister veilig in die Kaap aangeland. Tydens die laaste skof van Vanrhynsdorp af het hulle sommer ook die verpligte seremoniële besoek aan Kaap Agulhas afgehandel, soos wat dit die afsluiting van 'n "Long Way Down" betaam :ricky: Hulle woon vir die week in 'n gastehuis in die Kaap wat gratis aan hulle gebied is deur die bemiddeling van Kaapse motorfietsryers wat hulle in Namibië ontmoet het. Dis darem 'n baie bakgat gebaar :thumleft: Wie kan dan sê daar bestaan geen hartlikheid onder ons Suid-Afrikaners nie ??? Hartlik geluk van my kant af aan die drie manne - dis 'n moerse prestasie :thumleft:
Ouskool is koel.