'Road-trip' Desember deur Karoo, met bakkie en motorfiets belaaide sleepwa, deel bietjie geheime asb...

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Joined
Nov 9, 2014
Messages
186
Reaction score
1
Location
Centurion
Bike
KTM 1190 Adventure
Honne,

Ek vra sou nou en dan bietjie raad oor roetes, en julle help altyd baie mooi, so ek vra weer bietjie roete-raad asb.

Plan vir Desember: Vriende van ons gaan bly in ‘n huisie in Pearly Beach, so 185km vanaf die Kaap (George se rigting). Ons beplan om so paar aande by hulle te gaan oorbly.

Maar, hier is die idee… Ek en my wyfie wil die bakkie bespring, die Norden 901 Expedition agterop die sleepwa hop, en ‘n good-old-road-trip doen vanaf Pretoria tot by Pearly Beach.

So hierdie keer wil ons rustig deur die mooiste dele van die Karoo ry met die bakkie en die sleepwa, iewers in verskillende klein Karoo dorpies, of buite op Karoo plase oorslaap vir 'n paar aande, die waentjie omdop sodat die Norden afklim, en met die wyfie agterop die Norden die mooiste plekke soek in die area rondom ons oorslaap bestemming. En dan paar dae later weer met die bakkie en wa verder ry na die volgende bestemming. En dan weer met die motorfiets die omgewing fynkam vir die volgende dag of wat terwyl die bakkie die huis oppas. En so afbeweeg na die kus. Hierdie oorslaap bestemmings kan maar grondpaaie nooi om daar te kom, hoef nie heelpad teer te ry nie, solank 'n ou darem net geredelik die motorfiets kan sleep tot daar sonder om te vrees dat die bike afneuk, maw dit moet darem begaanbaar wees met die bakkie en sleepwa.

En so wil ons aangaan vir 'n week lank of so tot onder by die see by Pearly Beach.

Die raad wat ek by julle wil vra, waar is die mooiste Karoo dele vir Desember maand, pragtige grondpaaie, passe, mooiste uitsigte denkbaar, waar ek haar (en my girl ook) kan ‘impress’ met Karoo ervarings soos dit gesing word in liedjies. Sy klou nogal agterop daai ‘motorbike’ soos ou stront in ‘n wolkombers, so dit kan maar taamlik grof raak, maar terselfdetyd moet dit ook lekker ry-grondpaaie en uitsigte wees. Sy is baie lief vir pillion saamry, maar ek het nog nooit lang en growwe roetes met haar gedoen nie, daarom soek ek na roetes wat so 200km of so per dag in daardie radius kan wees. Enige idees asb?

En dan dieselfde vraag as ons eers in Pearly Beach is. Watter is die mooiste bergpasse, begaanbare grond- asook teerpaaie in ‘n 200 – 300km radius rondom Pearly Beach?

Ek lees so baie ‘ride reports’ oor die Karoo en paaie in die Suid-Kaap, maar dit raak later te veel, dog ek steek maar gou hier kers op.

Dankie Honne-vrinne.

PS. As jul dalk ook weet van regte spesiale verblyf geheimpies diep in die Karoo, weg van die klein-dorp-liggies en hoof paaie, skree gerus. Onthou ek het spasie op die bakkie, yskassie, hout, wyn, petrol/diesel kanne, en my Desert Fox 5L fuel bladder gaan saam, as die petrolpompe begin wyd staan soos die windpompe.
 

Latest posts

Top