18-jarige motorfietsryer sterf

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

MDT

Race Dog
Joined
May 7, 2010
Messages
983
Reaction score
0
Location
Stellenbosch
Bike
KTM 950 Adventure
Beeld

'n Geskokte pa het Donderdagoggend by die ongelukstoneel opgedaag waar sy 18-jarige seun dood verklaar is nadat hy met sy motorfiets teen 'n motor gebots het.

Die jong man het in die regterdeur vasgery van 'n motor wat in C.R. Swart-rylaan in Roodekrans aan die Wes-Rand ingedraai het.

Nooddienspersoneel van ER24 se die motorfietsryer het verskeie kritieke beserings opgedoen. Sy pa het by die toneel opgedaag waar die jong man dood verklaar is. Volgens ER24 was daar traumapersoneel op die toneel om die geskokte pa by te staan.

Die vroulike bestuurder van die motor was ook erg geskok en is na 'n hospitaal gebring vir geringe beserings.

Die metrolpolisie ondersoek die ongeluk.

 
Top