2SD
eks voor in die tou vir die integriteit van 'n 500cc aircooled thumper, maar
jys 'n mechanic, ek is nie. 'n probleem vir my is iets wat my dalk laat gaan staan, is vir jou dalk net 'n los draadjie wat jy onmiddelik optel en dalk nie eers sien as n probleem nie.
ek het al baie voor dieselfde keuse gestaan. maar as ek sien hoe sukkel baie forum lede met hul ou thumpers van verskeie fabrikate, XT's inkluis, dan besef ek dat vir my is oopkop, om so nuut as moontlik te kyk binne die budget wat ek het.
'n goeie voorbeeld is my skoonpa op Villiersdorp se 1993 Toyota Hilux bakkie.1800 SR, nes die destydse poliesvans. eenvoudige meganika, en n kanniedood, soos jy noem van die XT500. Hy het nou 493 000km op die klok, so hy het sy kant gebring en homself vele kere terugbetaal. Start steeds eerste swaai. Maar skoonpa ry al vir twee jaar nie verder as Caledon of Worcester met hom nie, ver ingeval iets breek. Want iets gaan breek, want hy is plein oud. En dit help nie jy doen enjin oor nie, want dan is die res van die bakkie steeds 20 jaar oud, en dis die wortel van die volgende probleme.