Recent content by Amos

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
  1. Amos

    n Lekker "rustige" 3 dag Amageza deur die Karoo...

    @MildlyWild hierdie toer is so in my kraal - ver van die grootpaaie af in die Groot Karoo, alleen of saam met een ander. Lekker man. Dankie vir die foto's en storie.
  2. Amos

    Waar lê die Boesmanland? Kan jy vir my sê?

    Opgevolg deur ‘n “full English breakfast” die anderdag die môre. Ons is lui en traag om in die pad te val huis toe. Die aksie is verby en ons weet vandag se pad kan onmoontlik so opwindend wees soos die vorige drie dae. Nietemin vermy ons teer sover moontlik en ry Skitterypas, Katbakkiespas...
  3. Amos

    Waar lê die Boesmanland? Kan jy vir my sê?

    Die son sak en ons ry reg in hom in. Ná die gastehuis moet ons in elk geval oor dieselfde droë rivier wat die publieke pad sleg verspoel het. Dieselfde sandkuile vol gruis van gister en eergister. Die son sak en ons vorder nou baie stadig. Gaan ons ooit met hierdie pad by die tentkamp kan kom...
  4. Amos

    Waar lê die Boesmanland? Kan jy vir my sê?

    Ek drink nie Coke skoon nie, maar by die winkel op Middelpos sê ek vir die Wilgenhoffer in so ‘n winkel móét ons ‘n Coke drink. “Kafeetjie op die hoekie het ‘n rooi [groen] sinkdak / Die mure is vol advertensies geplak / Drink ‘n Coca-Cola, rook Springbok tabak...” Teen die muur binne die winkel...
  5. Amos

    Waar lê die Boesmanland? Kan jy vir my sê?

    Dis my en die Wilgenhoffer se eerste reis saam. So ‘n aand van buite slaap op die pan bou mos nou bande man, nie ‘n gastehuis nie. Ons is nou gesinkroniseer. Ons het beplan om die volgende dag grondpad Calvinia toe te ry, maar besluit sonder aarseling om maar myle in te kry op teer. Vul tenks op...
  6. Amos

    Waar lê die Boesmanland? Kan jy vir my sê?

    Die Blomerusse van Kareeboomdam bied kampering aan op Verneukpan. Ons arriveer op die werf saam met die groep motorfietsryers wat ons vroeër gekry. Ek vra vir Willie Blomerus, toe ons waenhuis toe loop vir ‘n sak hout, wat gaan die weer maak. Daar is donderwolke in die ooste. Hy sê hy laat hom...
  7. Amos

    Waar lê die Boesmanland? Kan jy vir my sê?

    Dit raak harde werk tot by die Loeriesfontein-Brandvlei pad en ons moet eers rus met ‘n koppie Gifbergse stokkiestee op die stofie. By Brandvlei se vulstasie vervies ek my stilletjies vir ‘n man wat dadelik nader skuif toe ons stop en op die vloer naby ons gaan sit met sy rug teen die muur. Ek...
  8. Amos

    Waar lê die Boesmanland? Kan jy vir my sê?

    By die hek teen die grootpad kry ons ‘n groep van so tien motorfietsryers – ook op pad Verneukpan toe. Ek wonder weereens oor oorskatte toerisme bestemmings. Maar hulle stoei met ‘n pap wiel en ons stoot – Klipwerf toe. By dié plek stop ons vir ‘n minuut stilte vir die ontslape Worsie Visser...
  9. Amos

    Waar lê die Boesmanland? Kan jy vir my sê?

    Op ‘n steil klipperige seksie kry ons ‘n bakkie van voor. Ek is seker ons is op ‘n publieke pad, maar jy weet nooit. Ons was nou só lanklaas op ‘n “grootpad” sonder hekke... Maar Pierre is baie vriendelik. Soveel so dat ons sy gastehuis moet gaan kyk, wat ons van die hand wys, dis nog ver. Maar...
  10. Amos

    Waar lê die Boesmanland? Kan jy vir my sê?

    Op en af, geen vlakte in sig nie. Watse wêreld is dit hierdie? Later besef ek ons is nou in Leipoldt se “liewe, lekker Hantam-wyk”. Ek en die Wilgenhoffer kan nie uitgepraat raak oor hoe mooi dit hier is nie. Groot kareebome staan in droë rivierlope wat lyk asof hulle nooit water kry nie...
  11. Amos

    Waar lê die Boesmanland? Kan jy vir my sê?

    Ons klim tot op 900m vir Loeriesfontein. My eerste maal in hierdie dorp. Dis Saterdagmiddag vyf-uur. Nie veel om te verwag nie. ‘n Rustigheid spoel oor my as ons die dorp binnery. Lekker platteland. Stofstrate en groot werwe, net die hoofstraat is geteer. Ons lêplek is die Rock Ridge gastehuis...
  12. Amos

    Waar lê die Boesmanland? Kan jy vir my sê?

    Ek het altyd gewonder hoe kom die Sishen-Saldanha spoorlyn bo-op die Boesmanlandse plato as Vanrhynspas dan so steil is. Om te sien hoe is een van die redes van hierdie tog. In die Suid-Afrika waarin ons vandag leef is dit moeilik om te glo dat ons regering destyds ‘n infrastruktuurprojek van...
  13. Amos

    Waar lê die Boesmanland? Kan jy vir my sê?

    Maart 2023 Ek sê vir die Wilgenhoffer Verneukpan is waarskynlik ‘n oorskatte bestemming, maar hy bly neuk pan toe. Dit gaan oor die reis en nie die bestemming nie. Daar is genoeg interessante roetes te verbeel tussen die Weskus en Verneukpan. Ons rendezvous is Bokkomlaan in Velddrif vir ‘n...
  14. Amos

    Noneking and Dwerg’s reunion ride.

    Fantastiese rit @Noneking en @Dwerg. Ek hou van hoe jy gedink het voor jy besluit het om Grootrivier aan te pak @Noneking, doen dit net, vat die kans en ry. Dis hoekom ons hierdie goed doen, as jy nie 'n bietjie bang en onseker raak op 'n rit nie kon jy maar net sowel die teerpad met jou kar...
  15. Amos

    Langebaan Ladismith blitsretoer

    Vir my is 'n gemaklike ware snelheid (soos per GPS) 100km/h. Dan draai die enjin teen 7000rpm. Maar iemand wat haastiger is sal seker nog 'n 10-15km/h kan uithaal, afhangend van wind en totale massa van ryer en bagasie.
Top