1200 GS - computer reading

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

dual

Race Dog
Joined
May 2, 2010
Messages
3,262
Reaction score
645
Location
Hermanus
Bike
BMW R1200GS
Ek het 'n 1200 GS (2009) model
Ek het van die begin af probleme met die rekenaar m.b.t. die lesing van die "range"
Sondag op pad terug van Wupperthal gee die volgende
Afstand gery: 307.7 km
Range: 26 km
Average fuel consump: 5.2
Toe ek hervul in Clanwilliam het die fiets weer 16 liter brandstof tot vol gevat
Die rekenaar en die werklike verskil redelik baie volgens my
Het die probleem al van die begin af met die rekenaar wat foutiewe lesing gee
Het eenkeer sonder brandstof gaan staan met die range as 98 km
Redelik die hel in gewees - toe het BMW die fuel mapping sensor vervang
Dis nooit regtig reg nie
BMW sê egter dit is slegs benaderde lesings en sal nooit heeltemal korrek wees nie
Ek wil amper sê dat die goed sekerlik meer betroubare lesings moet gee - dis elektroniese goed - moet dit nie 'n korrekte lesing gee en punt nie, kan die elektronika so groot verskil toon
Die fiets se gemiddelde brandstof verbruik is ook vir my hoog - kry so tussen 14 na 16 km/l
Was laas jaar Augustus Pretoria toe met pillion en ook so 14 km/l gekry
BMW Pretoria sê toe dis of sagteware opgradering of vonkproppe  - 10 000 km diens daar laat doen
Blykbaar was dit toe net sagteware opgradeer
Terug so by die 17 km/l gekry
Moet bynoem dis met pillion en gemiddelde spoed (cruising) van so 140 km/h
Ek het nou so 26 000 km gedeon en aanvanklik is daar gesê dat die brandstofverbruik sal verbeter na 20 000 km
Dit raak nie beter nie
Die fiets moet Maandag Donford toe vir die briekpype ding - ek het ook angedring dat die rekenaar probleme nou ondersoek word en eens en vir altyd uitsorteer word, asook die brandstofverbruik

Enige ander ouens wat dieselfde ondervind?
 

Latest posts

Top