747 has landed

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

snotkop

Pack Dog
Joined
Apr 13, 2010
Messages
73
Reaction score
0
Location
Randpark Ridge
Bike
KTM 990 Adventure
Dag sê bikers - 747 hier (hoekom 747 - going like a Boeing, partykeer vinnig en partykeer soos 9/11 - en dan is die Boeing ook al oor. Nee, eintlik is al die cool name reeds gevat !)  ;D

Ek is 'n WAM van Randparkrif en klok net so oor die 40.
Ek het 'n KDX, tweeling het Blaster en KTM300EXC en die snotneus het 'n KX 65.
Ons was meer in die stof, maar tweeling is nou 17 en het nou ook CBR125's, so ons is besig om pad toe te skuif.
Ek is besig om 'n KTM 990 Adventure te koop en hoop om die week te kry.
As laaities hul sin kry dan koop ek vir hull 640's - nie die jaar.
So ek en die snotneus sal begin toer op die 990 - hy wil nie hê ek moet 'n superbike koop. Ek dink hy wil my nog in die rondte hê.

Ek hou al lank die forum dop en sien baie mooi bikes te koop en mense wat BAIE sin praat.
Hoop om met die tourers op te haak en die Sani en sulke dinge te doen - dalk weer die Desert Run, ens.

Is daar 'n spesifieke forum vir CBR 125's en die jong latte? Hulle wil nie met die ballies hang, maar hulle bikes is ook so stadig - tee hee.

Nou ja, sien julle by die boom.
Groete
747
 
Top