Afgegooi

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Joined
Dec 23, 2013
Messages
29
Reaction score
0
Location
Pretoria
Bike
BMW R1200GS
Goeie môre vriende. Dank aan ons Hemelse Vader dat ek vandag hierdie met julle kan deel! Ek het gister middag omstreeks 3 uur rigting Oos in Garsfontein gery met my rooi BMW R1200GS. Syt my afgegooi so ń paar honderd meter Oos van Blesbok straat.
Dankie vir die twee bikers wat gestop het en my bygestaan het (jammer julle name ontgaan my), dis ń seën om deel te wees van mense wat nog vir mekaar omgee, so ook vir Gert Prinsloo wat op bystand was in die omgewing. Dankie ook vir talle bikers wat gestop het om te hoor of hulle kan help.

Lesse wat ek gister geleer het:
ń Ongeluk gebeur baie vinnig. Inspekteer jou fiets voor elke rit. Dra altyd al die gear wat jy het. Dit het gehelp dat ek na ń redelike hoë spoed high side links slegs kneus beserings het. Sorg dat jou versekering se nommer byderhand is. So ook hulle gekontrakteerde insleep diens, miskien selfs die handelaar se bystand nommer.

Nogmaals dankie vir almal se hulp!
 
Top