Bakgat (nou met 'n Bike!!)

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

BakgatJaco

Race Dog
Joined
Jan 28, 2014
Messages
1,284
Reaction score
15
Location
Pretoria
Bike
BMW R1200GS
Eerstens dankie vir die aanvaarding as n nuwe hond!
Ek het 'n jaar terug my Blade verkoop en besluit ek sal weer 'n scooter koop as die tyd reg is. So maand terug, toe ek in 4x4 Megaworld inloop en 'n baie mooi 800GS daar sien staan in Montana, het ek besluit dis tyd! Bietjie huiswerk gedoen en op 'n 1200 GS besluit. ( Ek en Mamma is nie die piekantste nie en ek wil haar graag saam my vat deur die land.) As my dinge reg uitwerk, sal ek volgende week die eienaar van 'n puik opgepaste, lae kilo's 1200 GS wees. Sal vir julle foto's post, ma julle weet mos hoe lyk daai scooters. Daai wat blykbaar nie in die sand kan ry nie, soos ek verstaan. Die begin gaan lekker wees, kort mos nou alles, helmets, boots, baadjies, handskoene ens ens. Noy kan ek van my ander gear onsla raak, al die pad goed. Ek hoop om hier by julle te leer, nuwe vriende te maak en om SA plat te ry. Het klaar vir my Deon Meyer se Ridders van die Grondpad gekoop. Blykbaar is daar nog 'n paar sulke nice boeke, laat weet my maar. Ek woon in Pretoria en as julle van braai hou is ek die regte ou om meer te praat!

Bakgat Groete
BakgatJaco

O ja, ek kort 'n Trax topbox .......
 
Top