Ballade van Dunnes en Dewie

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Dunnes

Race Dog
Joined
Apr 4, 2016
Messages
838
Reaction score
22
Location
Gauteng, Pretoria
Bike
BMW F650GS / Dakar
Dagse

Graag wil ek julle van my begin stadiums van motorfietsry vertel asook my indrukke en ervarings oor die motorfiets gemeenskap. Jammer, dit mag dalk lank word. Vir eers, die begin...

Ek kon op my een hand die kere tel wat ek al 'n motorfiets gery het, voordat ek 'n 2007 F650 Dakar by my grootvriend Marius gekoop het. En nou tel ek die keer toe ek gehelp het om my pa se ou Honda 250cc rond te stoot op die werf. My eerste motorfiets ervaring was toe ek op skool op my oom se thumper (ek dink dit was 'n Yamaha 250) om die blok gery het. Ek het vir my oom gelieg en gesê ek weet wat ek doen. So halfpad om die blok, toe misgis ek my met die draai en ry toe deur Frances se ma se bedding reg tussen twee bome deur. Dit het gevoel asof die bome nie meer as 20cm weg was van die stuurstang nie. Natuurlik het ek dit geheim gehou. Jammer Tannie. Ek was nog altyd maar bang vir bikes.

Marius het rondom Oktober 2015 vir my en 'n ander pel laat weet dat hy sy Dakar wil verkoop om 'n ander fiets ('n 1200GSA bokwa) te kry. Natuurlik was ek baie lus vir so iets, maar aangesien ek in 2016 weer vir twee jaar gaan moet studeer om my siviele enginieurswese graad klaar te maak het ek nie gedink ek gaan die geld hê vir so iets nie. Magdaleen (my meisie) het my eintlik oorreed om die fiets te koop, aangesien hy betroubaar is en die brandstofverbruik omtrent 35% is van Fanie, my 3liter V6 Ford Courier omgeboude stasiewa (lyk soos 'n lykswa). Marius het my lus gemaak met hierdie foto:

6oDTTnl.jpg


Toe koop ek hom.

Marius bly in die kaap, so hy sou 'n plan maak om die fiets in Pretoria te kry. Op die ou ent het die fiets in Desember in Pta aangekom, maar aangesien ek nog in die Ooskaap gewerk het, het hy by ons pel JP gebly oor Desember. Na die vakansie in Januarie, het ek hom toe by JP gaan haal. Dit was 'n lang twee maande se wag. Jislaaik, ek was so gelukkig soos 'n jakkals in 'n hoenderhok.

Dit is nou op hierdie punt waar ek graag wil dankie sê vir 'n klomp mense:
• Eerstens my neef Riaan, wat vir my 'n broek, baadjie en 'n stel boots geskenk het. Ek was nie onder die indruk dat dit geskenk was nie, maar toe ek hom nou die dag vra of ek dit kan terug besorg toe stel hy voor ek hou dit. Dit is 'n ongelooflike geskenk. Dankie Riaan en Rozelle!
• NHKraak49 was nice genoeg om 'n helmet wat vir Magdaleen sal pas weg te gee. Dankie daarvoor. Sy is baie gelukkig met hom.
• 'n Klomp mense het my uitgehelp met spacer clips vir my en Magdaleen se nekstutte. Dwerg, Biza en Eduard was baie gaaf om die goed weg te gee. Dwerg, dankie dat ek jou op 'n Saterdag oggend kon pla. Biza, ek sal nog graag jou aanbod om bietjie te gaan ry aanvaar. Eduard, jou blink bike-projekte is iets om te aanskou. Dankie almal.
• Runner en sy span van Offroad Cycles het my al baie gehelp, veral as ek vra of hulle my agterste suspensie kan regmaak in rekordtyd voor die naweek.

Voordat ek begin motorfiets ry het, het ek gehoor dat die bike gemeenskap na mekaar omsien en uitkyk vir mekaar. Dit is verseker so en soveel meer. Ek was (en is nogsteeds) maar 'n bangerige ryer. As jy twee of drie keer 'n week Johannesburg toe en terug karwy, kan mens nie help as om jou vervoer metode partymaal te betwyfel nie. Gelukkig voel mens beter as jy jou kop knuk vir die ou wat saam met jou dieselfde pad aandurf. Dis bietjie van 'n broederskap. Ek klim al rots vir 'n hele aantal jare en daar bou mens 'n broederskap tussen klimpelle wat onbreekbaar is, maar dit neem tyd, angs en interessante ervaringe om dit te bou. Met motorfietsry is dit anders. Ek ervaar 'n band tussen die ou wat aan die ander kant van die snelweg by my verby ry, selfs al het ek hom nog nie ontmoet nie. Dit is spesiaal.

So hierdie is hoe dit begin het. Na so amper 10 000km skryf ek hierdie. Ek en Magdaleen het al 'n paar keer gaan ry (sien fotos onderaan) en hierdie lyk soos die begin van 'n leeftyd se pret en avontuur.

Ek wens net ek het vroeër begin

Dickie

1IUsu2W.jpg

-- Bo-op Breedtsnek pas

K6GmiVQ.jpg

-- Langs die Harties kanaal naby Brits

LLfQR1H.jpg

-- Kuier by Piet

Fgw08rp.jpg

-- Witkop pad naby Ellisras
 
Top