Baviaanskloof - Bacchus en KanaalAap stap uit.........

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

KanaalAap

Pack Dog
Joined
Dec 30, 2010
Messages
178
Reaction score
0
Location
Port Elizabeth
Bike
NER-A-CAR
Nou ja, krismis het gekom en krismis het gegaan en gatvol was nie die woord nie.
Die bikes is gekoop, die ATGATT goeters is gedoen en nou wil ons bike ry, maar waar sal die ondervinding vandaan kom??

Die slim mense sê vat maar rustig, stadig oor die klipperkies en al daai mooi woordjies oor wat jy alles moet leer om die saak baas te raak. So gesê so gedaan, but that’s just not how we do things!

Hoor ook mos die storie dat die Baviaans nou eintlik die plek is om met die ysters te loop speel, maar hoe moeilik kan dit nou wees en ons dog ons los dit nou maar vir n ander dag, dit is tog net ‘n stukkie grondpad met n paar bosse en n bult of twee.

Ons lees toe mos die anderdag dat die citi golfs wegspoel in die baviaans en dag toe dit klink mos nou sports die! First Mistake.

img00125201102091520res.jpg


img00124201102091520res.jpg


Vlieg toe woensdag middag net na 3 met n hele 10 minute se beplanning, n pad kaart, en n sixpack Hunters Xtreme (julle het mos al gehoor van Dutch Courage) hier weg en sleep n lyn vir Die Laaste Watergat in Willowmore. Daar gekom begin die son mos al sak en al waarvoor ons tyd het is 4 dumpies coke vir die brannas en die afblaas van die wiele.

img00133201102091625res.jpg


img00132201102091624res.jpg


Ons vat toe die gegronde teerpad in oppad na Makkedaat grotte en dink toe so in die rustigheid waaroor al die bohaai nou eintlik gaan.  Want kyk, hierdie Willowmore manne met die oranje overalls ken van pad maak en ons laat loop oor die mooi geskraapte paadjie .

img00149201102091720res.jpg


img00145201102091708res.jpg



Besluit toe mos die sand hier teen die kant lyk nogal n lekker speelplek en hoe moeilik kan dit nou eintlik wees?? Second mistake!  een meter se sand en halfuur se worstel met die dood om Bacchus en die bees weer daar uit te kry maak ons maar die besluit om eerder die speel te los, of dan nou probeer speel, en aan staltes te maak tot by die slaapplek.

Gooi toe n regs na die oom en tannie van Makkedaat grotte. Die tannie sien toe die manne is honger en sy druk daar ‘n brood en 2 slaapsakke in ons hande en ons strap toe die op die bikes vas. 

Is dit nou nie vi jou n mooi plek die nie!!!

img00151201102091757res.jpg


Ons het die Tannie gevra vir nog n sakkie hout vir die vuur, want hulle se mos luiperds en bojane hou nie van vuur nie en ons hou ook nie van hulle nie, voorkoming is mos beter as geneesing.

Toe kom daar so wit Isuzu bakkie ingespin met ‘n Omie wat jy sien se moer is goed gekoer en die hande vuil gesukkel met die Lister, want die geyser werk mos met gas en wat weet ons mos nou van die boere se geriewe af!

img00203201102100634.jpg


Ons maak toe maar ‘n vuurtjie en knak die eerste koue toe sal KanaalAap oplet dat daar ‘n swing bedryf in die verdte staan. Die ding lyk soos n wipplank maar hy spin soos ‘n woerwoer, en soos ou Tolla sal se, Ons het swing gery.

img00171201102091847.jpg


So tussen die vuurstook vir die luiperds en ongediertes het ons n lekker stukkie karoo tjoppie en n ou worsie vir die pens gemaak.
Daar was darem tyd vir n ou broffie ook voor ligte af, nie dat daar ligte was nie.

img00192201102092116res.jpg


Nou kyk, as jy al ooit in ‘n grot geslaap het in die middle van nerens, en jou self nog nooit bang gelê en wonder het vir gediertes wat jou bekruip in die middel van die nag, dan is jy n beter man as ek!

Volgende more gou al die stinkplekkies gewas en besluit toe om gou vinnig die pad te vat vir ‘n laat brekfis in patensie, Third mistake!

Aangekom by die Baviaans hek let KanaalAap op dat dit nog so 7 ure se ry is Patensie toe is en ek wonder toe by myself hoe oud hierdie stickers is en of hulle daai tyd nog met donkiekarre gery het, want een standaard mens dan so lank aan so kort stukkie pad ry? Helen Zille en die Weskaap het mos budget vir pad bou!

Laaste siggaretjie gerook en vra toe die Antie by die hek waar kan ‘n mens ‘n ou koffietjie kry hier binne, en sy lag so agteraf vir haar maatjie. Dis mos nou nie nodig om lelik te wees as jy nie die antwoord ken nie.

img00239201102100842res.jpg


img00238201102100842res.jpg


So vat ons toe pad en dis vir ons mooi, en hoe verder ons ry hoe mooier raak dit, water was daar baie en soos mens maar is versigtig deur die eerstes en die begin ons mos nou scooter ry, Fourth mistake!

img00220201102100739res.jpg

img00246201102100912res.jpg

img00308201102101106res.jpg


Om een draai vat Bacchus ‘n complementary Mud Facial, te danke aan ou modderpoeletjie wat toe eintik ‘n POEL was.

img00310201102101128res.jpg


Nadat ek my eie moer eers ordentik gevloek het die Pannier met my nuwe Tie straps vasgemaak het, vat ons dinge bietjie rustiger, en dis net daar waar die moeilikheid begin het.

Met senuwees aan flarde klim ons toe een van die mooiste bergpasse wat die Grootbaas homself vir ons gegee het, en besef toe waaroor die Baviaans nou eintlik gaan.

img00289201102101028res.jpg

img00288201102101027res.jpg


Ek moet darem nouself brag en sê vir manne wat nog nooit hierdie ding gedoen het nie was dit nogal quite the accomplishment om bo uit te kom, met die water wat die heeltyd ons goggles ver”vuil”.

img00249201102100914res.jpg

img00248201102100914res.jpg


As gevolg van die 10 minute se harde beplanning voor die trip was ons salig onbewus van die laaste groot pas met die mooi sement stukkies vir die valies met hulle blink 4X4’s.

So net voor die einde slaan so mis reentjie ons en was dit nou salig na die warm kry, maar AI, mis reën en potklei is nie vi pissies nie!
Na die eerste half uur en tien tree later, lyk daai Anakees soos racing slicks reg vir Kyalami.

img00317201102101219res.jpg

img00318201102101219res.jpg


Daai bikes gly rond soos ‘n Hillbrow hoer op ‘n Steve Hofmyer konsert en hier te kort en daar te lank lê KanaalAap lippe op die klippe!!!!

img00319201102101224res.jpg


Uiteindelik bereik ons die hek aan Patensie se kant, en is so verlig dat die beproewing verby is, ons skenk sommer n driekwart bottel brandewyn aan die gaurdtjie by die hek wat volhou dat hy nie rerig drink nie maar dit ma vir sy sussie by die huis sal gee. Goeie mense die!

img00325201102101259res.jpg


Ons jaag toe vir Patensie, eet ‘n chicken wrap en suur koolslaai en besluit genoeg is nou genoeg.  Mamma laat weet sy wag en ons slaan toe maar die Teerpad terug Joubstown toe.
Nou vie die volgende een, waar sal dit volgende vloed??

img00334201102101501.jpg


Groetnis
Bacchus en KanaalAap

img00272201102101010.jpg

 
Top