Biedouw Vallei langs na die Tankwa Bash

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Fenderbender

Race Dog
Joined
Oct 7, 2006
Messages
4,083
Reaction score
268
Bike
BMW R1200GS Adventure
Darem maar lekker om die oggend op te staan en te weet daar le n lekker ry naweek voor . Ons het vroeg geroer en pad gevat Clanwilliam toe . Ek, Louwtjie , Mapsource en Jaco M het koers gekies en ons was so net na 10 in Clanwilliam , nogal van Graafwater se kant af ingekom . (Party mense glo mos nie gps nie ) .

Daar gekom wag die Vredendal en Upington manne al . Ons het n probleem , Blindside het nie die swartpot ingepak nie . Dewald konfronteer n Lewis bussie om te sien of hulle nie swartpotte verkoop nie , niks , net volledige stelle . Hier sit Blindside sy voet neer en se hy weier om n volledige stel potte saam te ry .

Weskus en Legadema besluit om te kyk wat Witvis als ingepak het. Sy tankbag lyk soos n speelgoedrak by Toys R us . Daars nou vir jou slangetjies , spinnekoppies , toetertjies , mombakkies , you name it .

N Vinnige stop by die winkels vir voorraad en ons kies koers na die Biedouw Vallei . Ook darem nie sonder n ordentlike Wheelie saam met Boetiebike nie .
 

Attachments

  • SAM_0641.JPG
    SAM_0641.JPG
    107.9 KB · Views: 467
  • Tankwa_Bash_Maart_2011_012_[800x600].jpg
    Tankwa_Bash_Maart_2011_012_[800x600].jpg
    79.3 KB · Views: 485
  • SAM_0646.JPG
    SAM_0646.JPG
    103.5 KB · Views: 459
  • SAM_0644.JPG
    SAM_0644.JPG
    108.7 KB · Views: 467
Top