Biker kills 3 cattle on Honda XR125!!!!!

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Just Blip It!

Race Dog
Joined
Apr 26, 2009
Messages
2,450
Reaction score
91
Location
White River
Bike
KTM 990 Adventure
:eek7: :eek7: :eek7: :eek7: :eek7: :eek7: :eek7: :eek7: :eek7: :eek7: :eek7: :eek7: :eek7: :eek7: :eek7: :eek7: :eek7:

LYDENBURG - 'n Jong man het met geringe besering ontkom nadat hy blykbaar drie beeste met sy ligte motorfiets doodgery het.


Cobus Weustenenk, beter bekend as Skaap en lid van die voormalige Bosmossel Orkes, was blykbaar Saterdagaand vanaf Legends, 'n kuierplek in die Heads Sentrum, op pad terug dorp toe. 'n Vriend, Pieter Herbst, het aangebied om Weustenenk 'n geleentheid huis toe te gee. Hy wou egter nie sy Honda 125 XR alleen laat nie en het gesê hy sal self ry.


"Hy het seker so 50 meter voor my gery. By Spar-O-Rama se stopstraat het ek net gesien hy trek deur die lug. Hy het reeds drie keer vantevore die dag met sy motorfiets geval en ek het gewonder hoekom nou weer.


Twee van die beeste het links op die sypaadjie gelê en 'n derde het so gehinkepink en oor die straat op die volgende sypaadjie gaan lê, waar dit 'n rukkie later gevrek het. Ek was bekommerd. Cobus het seker 'n stuk of 20m ver getrek voor hy in die aankomende baan beland het," vertel Herbst.


"Cobus is reeds Dinsdag uit die hospitaal ontslaan. Die X-strale het aangetoon dat hy net die ulna in sy linkerarm gekraak het. Verder is hy net vol skrape en snytjies, genadiglik het hy ook nie breinskade nie. Ai, die Cobus, ek kan nie dink wat gaan hy nog aanvang nie. Ek dink sy beskermengel is al moeg en gatvol," vertel sy pa Jack laggend, as hy vertel van die seun se eskapades.


Hy sterk tans tuis aan in Burgersfort waar sy ma Fienie, hom tuis versorg.
Die drie beeste wat doodgery is, is deur hul eienaar Chris Slabbert van die toneel verwyder.

For photos  see here; https://www.looklocal.co.za/looklocal/content/en/lowveld/lowveld-news-general?oid=5988349&sn=Detail&pid=490169&Beeste-doodgery-met-motorfiets

 
Top