Bikers giving something back.

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

douw

Race Dog
Joined
Jul 22, 2010
Messages
2,397
Reaction score
3
Location
Zwavelpoort - Pretoria East
Bike
KTM 690 Adventure
Hey all fellow WD.

I know some of us already do alot for others where and if you can....  but here is yet another plight for some help needed. 

The post is in afrikaans but if you feel like asking some questions please PM me and I will help where I can..'

The ride is organised by a Bikerchurch group and most of their members are from Solidariteit and Helpende Hand.

It would be cool if anyone feels like getting involved...

Thanx

Douw


Aan al ons Vriende, Boetas, Sussies en Biker Buddies (met 2, 3 of 4 wiele)

Ek is seker julle sal met my saamstem dat ons uitreike én in-reike net al hoe lekkerder en meer sukselvol raak.  Hiermee wil ons almal egter uitnooi om op die 15de April met ons saam te ry na die Paul Jungnickel-Huis vir Gestremdes.  Ek wil sommer dadelik vir Pieter & Inge van der Merwe baie mooi bedank vir al hul harde werk met die reëlings van hierdie uitreik.  Julle is sterre!

Die Paul Jungnickel Home verleen ‘n veilige hawe vir gestremde volwassenes; of hul so gebore is en of hul gestremd geraak het a.g.v. omstandighede.  Hierdie Tehuis was oorspronklik in 1983 gebou vir 42 persone.  In April 1996 word die Paul Jungnickel Huis ‘n onafhanklike nie-winsgewende  organisasie met geen ondersteuning vanaf die Staat nie.  Huidiglik word 140 gestremde persone hier permanent versorg.

Hul behoeftes is baie groot.  Gaan klik asb op die volgende ‘link’ om bietjie meer op te lees oor wat die presiese wens-lys daar is.  https://www.kwo.org.za/index.php?option=com_content&view=article&id=2:history&catid=1:paul-jungnickel-home&Itemid=20

Julle is welkom om Borge te nader of om self ‘n sakkie te pak om saam te neem.  Waarvan het jy oorbodig in jou huis?  Elke bietjie help.  Ek het vanuit hul webtuiste die volgende opsomming gaan haal:

·        Meat, fish, chicken, eggs, cheese

·        Mielie meal, rice, pasta, cake flour

·        Spices, salt, instant soup powder

·        Jam, peanut, butter, tomato, sauce, marmite

·        Vegetables and fruit in any quantities and form (vegetables can be prepared and frozen, fruit can be prepared and jam can be made)

·        Forks, knives, spoons, teaspoons, plastic plates, plastic bowls, toddlers cups for those residents that cannot hold items for themselves

·        Cleaning items like bleach, dishwashing soap, clothes, mops, brooms

·        Tumble dryers, washing machines, irons, iron boards, buttons, cotton, washing bags, 20L containers for wet washing

·        Toothpaste, roll-on, shampoo

·        Disposable razors, soap, toilet paper, toothbrushes, body lotion, disposable pads

·        Towels for bathroom use and to make bibs

·          Nice to haves:  Cookies, sweets and ice-cream



Dit wat nie in jou topbox kan inpas nie moet asb aan Inge besorg word.  Sy gaan met hul bakkie soontoe ry en is bereid om alles wat te veel is vir die motorfietse, op die bakkie aan te ry.  Kontak haar asb op: 084 621 7670.



Logistieke vir die dag:

·        Kom by kerksondermure, Hippolaan, Centurion bymekaar om 07:00

·        Vertrek stiptelik om 07:30 na Ikutsa Mountain Manor (in Lynnwoodweg) vir ‘n lekker ontbyt -  (hierdie koste is vir elkeen se sak).  Ons spandeer bietjie tyd op hul gronde, loop bietjie rond en bespeur wat hul alles bied.

·        Om 09:00 vertrek ons na die Paul Jungnickel-Huis vir Gestremdes (ook in Lynnwoodweg)



Verder wil ons baie graag vra of ons elkeen nie n pak van 6 cupcakes of iets anders lekkers kan vat om saam met die tee en koffie by die uitreik te geniet nie. Daar is nie sulke luxuries daar nie, en baie van die mense kry ook nie besoekers nie.  Hulle word eenvoudig afgelaai omdat hulle veeleisend is om te versorg, en met beloftes van kuiers, word hulle agtergelaat.  Die kuiertjies gebeur dan somtyds nooit nie.  Dis baie spesiaal om saam met hulle te kuier en ons boeties en sussies van die Biker Bediening moet besef dat hierdie mense uitgehonger is vir drukkies.  Daar is ook oud bikers by hierdie huis wat in ongelukke beseer was, en so gestremd geword het dat hulle moeilik versorgbaar is.  Met hul verstande is daar absoluut niks verkeerd nie en kan jy ‘n heerlike gesprekke voer.



Na die tee-tyd, sal ons graag vir die wat wil en kan, net so om die gebou ‘n "lift” op die motorfietse gee. Pieter alleen het dit voorheen gedoen, en hulle het dit vreeslik geniet.  Jy kan amper nie vinniger as 1ste rat ry nie.



Ons behoort so tussen 12 en 1 uur nm huiswaarts te kan keer.



Ek hoop werklik ons sien julle elkeen daar.  Julle is welkom om hierdie inligting aan alle belangstellendes te stuur.  Almal is welkom.  Dit is lewensveranderend om ‘n verskil in iemand anders se lewe te gaan maak.  Kontak my sommer direk vir meer besonderhede op 083 650 9913, of op my

e-pos [email protected]



Renate & Derick Oosthuizen

Biker Bediening

083 650 9913

 
Top