BMW PARTE BESKIKBAARHEID?

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Leo1

Pack Dog
Joined
Jul 12, 2012
Messages
126
Reaction score
0
Location
Hartbeespoort Noord Wes
Bike
BMW F650GS / Dakar
Hi almal!

Wil net hoor wat jul dink van die storie en of ek nou maar net te kort van draad is of wat?

Ek het n clutch bestel vir my Dakar saam n ander paar parte maar die groot ding hier is maar die clutch.

Hul stuur my n kwotasie en ek moet n deposito betaal voor hul hom bestel en dan sal hy die vogende dag hier wees. Betaal toe dadelik die hele bedrag nie net deposito nie! Mail dit deur ens.

Bevestig oor die foon dat my parte die volgende dag hier sou wees.

Volgende dag....jammer meneer die rekenaar het een clutch gewys maar toe ons hom wil trek toe is hy nie daar nie. Okay ek verstaan dit gebeur ook.

Nou wanneer sal hy hier wees? Maandag meneer(wat nou gister was).

Gister vra ek het my parte gekom? Nee nog nie en hul weet nog nie wanneer nie.

Vandag kry ek n oproep.....dit sal MISKIEN vrydag hier wees?

Wat dink julle staan my te doen of is dit maar byt vas en wag? Ek kan nie verstaan dat dit solank kan vat nie.... :mad:
 
Top