vellies
Pack Dog
Sondag 08 Augustus om 12h00 het ek en 2 pelle met die laaities gaan ry in die veld. Een van hulle het my Djebel gery en toe ons by die Spookbrug kom sien ek my bo-doos is weg. Hulle se die doos was nie op toe ons by Sherwood se Shell stilgehou het nie so die ding moes erens afgeneuk het langs Caledonweg. As enigiemand iets hoor van 'n verlore doos wat gevind is stuur maar so ou boodskappie. Dit is 'n Givi 30 liter. As ek die een nie terugkry nie sit ek waaragtag nie weer 'n bo-doos op nie.