Buitengewone diens

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Mof

Race Dog
Joined
Oct 15, 2010
Messages
1,296
Reaction score
24
Location
Plaas
Bike
Boss Hoss (all models)
Ek het onlangs vir my 'n XR gekoop wat eers by Dux bietjie oorgebly het om kleinigheidjies reg te kry, o.a. die carb. Ek loop haal hom toe nou die dag met die bakkie en bring hom plaas toe. Met die eerste startslag loop hy net so 'n km voor hy flood, vrek en die carb overflow heeltemal. Daar is darem min teleurstellings soos 'n nuwe speelding wat nie werk nie!
Ek bel toe vir Donald (Dux) met my pyn en hy sê dadelik hy sal hom kom regmaak! Ons het eers 'n paar goedjies oor die telefoon probeer, maar toe dit nie werk nie, ry hy wragtag die 450km om my te kom help. Saterdag tot 7pm gevroetel en Sondag vroegoggend tot 1pm voor hy al die dingetjies uitgesort het.
Dis so ver verby wat in redelikheid van hom verwag kan word, dat ek skoon aardig voel.

Ons het darem kans gekry vir 'n lekker braai en gesels tussen-in ook. Verder weet ek nou mens kry bitter oulike engelse stadsjapie kinders ook, so tussen hulle Engels en my kinders se Afrikaans het hulle melkaar sommer lekker verstaan!

Ek wil dus graag vir Dux ( Motoworx) ten sterkste aanbeveel as julle in die Kaap iemand soek wat nog omgee oor die werk wat uit sy garage uit gaan. Lyk my hier is 'n heel paar vendors op die forum wat fantastiese diens lewer en Dux is ongetwyfeld een van hulle.

Thanks Donald

 
Top