Can you believe this? - Bloody Pigs! - Padvalk vas

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

sweerhe

Pack Dog
Joined
Feb 27, 2007
Messages
171
Reaction score
1
Location
Centurion
Bike
BMW R1200GS HP2
Sorry afrikaans only - should be on news 24 as well...
https://www.beeld.com/Content/Suid-Afrika/Nuus/1928/42cb200908384173baf74e62deaa1de5/25-08-2009%2009-08/Padvalk_vas_n%C3%A1_hy_man_op_motorfiets_glo_tref

Padvalk vas ná hy man op motorfiets glo tref
2009-08-25 09:15

Daniëlla du Plooy

’n Metropolisielid wat “soos ’n maniak gejaag het”, het glo eergister probeer wegjaag nadat hy ’n motorfietsryer buite Heidelberg, Gauteng, getref het.

Toe ander motorfietsryers hom agternasit, het hy hulle na bewering ook probeer stamp.

Hy is enkele kilometers daarvandaan in hegtenis geneem toe die polisie gehelp het.

Volgens ooggetuies het die metropolisielid ’n vuurwapen by hom gehad en was daar vier mense, onder wie twee kinders, saam met hom in die motor. Dit was nie ’n metropolisievoertuig nie.

Mnr. Rudolph Eales (33), die motorfietsryer wat getref is, is in die Unie-hospitaal in Alberton opgeneem met onder meer ’n gebreekte enkel, ’n versplinterde bo-arm, gekraakte ribbes en erge swelling in sy gesig. Hy was gister buite lewensgevaar.

Volgens ’n vriend van Eales wat nie geïdentifiseer wil word nie, was hulle vier wat eergisteroggend saam motorfiets gery het.

“Ons was net buite Heidelberg op die R42. Ons het so 80?km/h in ’n 100?km/h-sone gery, Rudolph agter my. Ek het ’n helse slag gehoor en toe gesien hoe hy en sy motorfiets verby my vlieg.”

Die mans het ’n roomkleurige Toyota Corolla sien verbyry.

“Die bestuurder het nie eens probeer stop nie. Twee van ons het toe agter hom aangery en die ander het by Rudolph gebly.”

Hulle het die man ingehaal en vir hom probeer beduie om te stop. “Hy het óns egter van die pad af probeer dwing en net verder gejaag. My vriend het vooruit gejaag en op ’n polisiemotor afgekom wat ons kom help het.”

Met die polisie se hulp kon hulle die motor eindelik dwing om stil te hou. Dit was sowat 6?km van die ongelukstoneel.

“Daar was twee ander mans en twee jong kinders – ’n seun en meisie – saam met hom in die motor en hy het ’n pistool by hom gehad. Hy is daar in hegtenis geneem,” het die vriend gesê.

Hulle het ’n ambulans ontbied wat Eales na die hospitaal in Alberton geneem het.

Eales se suster, me. Melissa Eales, het gister by die hospitaal gesê die gesin is net bly hy leef.

“Dit kon erger gewees het. Nogtans is dit skokkend om te dink ’n metropolisielid kon dit gedoen het.”

Konst. Teboho Lethoto, polisiewoordvoerder, het die voorval bevestig.

“?’n Metropolisielid is gearresteer en van roekelose en nalatige bestuur aangekla. Ten tyde van die voorval was hy nie aan diens nie.”
) [email protected]
 
Top