Carrots en sy Toppie gooi mielies!

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Carrots

Grey Hound
Joined
Aug 18, 2010
Messages
5,647
Reaction score
1
Bike
KTM 990 Adventure
So......toe ek laasweek Vrydag weer in die Kaap moes wees vir werk het ek besluit....soos gewoonlik....dat ek ek vir die naweek wil bly by my Toppie (Arno) en Vanessa.

Maar....wat is die kans wat ek en Toppie dalk bietjie bike kan gaan ry? Ons ry al jare lank saam padfiets, MTB......en ons altwee ry bike....maar kon dit net nog nooit saam doen nie. Enigste probleem was......ek het 'n bike nodig.

Nou 'n mens kan seker een gaan staan en huur erens...maar ek bel toe vir ou Stoetas en vra of hy weet van iemand wat sal kan help. "Vat myne" was sy antwoord so  daar is my probleem opgelos. Gewoonlik as ek Kaap toe gaan vir 'n naweek het ek my laptop sak en een klein travelbag....die keer moes ek twee moerse sakke vat met boots, helmet, brace, jacket etc etc maar dit het nie saak gemaak nie....ek kon die opgewondenheid nie terughou nie. Na al die jare......gaan ek en my Toppie eventually saam kan gatskuur!  :thumleft:

Ek het vir Toppie gevra om solank in die week vir ons 'n roete uit te werk en verkieslik net teer...ek wil nou nie met 'n chom se bike gaan staan en rond donner oppie grond nie.  :deal:

Nou die passie wat ek het vir bike ry...kom defnitief van my Toppie af. Hy het sy laaste bike verkoop as ek reg kan onthou nadat 'n tarentaal hom op die bors getref het en hy het besluit hy wil darem sy stoutgat rooikop laatjie sien groot word. Ek weet hy het daai dag omgedraai...die tarentaal opgetel en hom gekook vir aandete daai aand.  :mwink:

Hy het so rukkie terug weer 'n pragtige 1150GS gekry so dit is sy eerste DS bike maar hy geniet dit gate uit en begin stadig maar seker meer en meer op die grond ook ry.

Sy vorige bikes was: 1969 'n Honda 305 cc, 1976 Honda 400 cc Four, 1977 Honda 550 Four, 1984 'n BMW 600R. Toppie is ook 'n Willehond maar hy is bietjie meer aktief op die Cape BMW club....hy iets gese die naweek van daar is maar 'n klomp stuckup ouens nou en dan daar. Vir hom gese ons het glad nie sulke goed op ons forum nie..... :pot: :pot: :pot:

Roete was soos volg: Durbanbanville , Wellington , Bains Kloof pas , regs na Worcester dan regs deur Slanghoekvallei tot by Rawsonville , op N1 dan oor du Toitskloof pas , deur Paarl , Klapmuts , Stellenbosch , Helshoogte , ontbyt by Tokara , Pniel , Franschoek , Franschoek pas , regs oor Theewaterskloofdam , Viljoenspas , petrol ingegooi in Grabouw , Houwhoekpas , Botrivier , regs na Kleinmond , lunch daar , Bettysbaai , Rooiels , Gordonsbaai , Strand , Somerset Wes , Stellenbosch en Durbanville via Fisantekraal. All en all so 450km vir die dag.

Nou kyk....ek kon nie vinnig genoeg verkas by my werskete...farewell of watookal dit was Stellenbosch toe nie om Stoetas se bike te gaan optel sodat ons vroeg kon sleep die Saterdagoggend.

Stoetbul Krokodil......bespeur ek 'n ietwat van nervesnous daar of wat?

IMG-20111209-01325.jpg


Reg en gereed vir more se trippie

IMG-20111209-01326.jpg


Moet se dit is die eerste keer wat ek met 'n tankbag gery het en alhoewel dit weird was is ek bly want ou Shebangs is besig om vir my een te maak vir my Desember trippie. Die ding is bleddie handig.

View van die restaurant af waar ons aandete genuttig het.....eeish...die Kaap is darem maar mooi.

Milnerton-20111208-01323.jpg


IMG-20111208-01324.jpg


Vroeg opgestaan...koffie gedrink en die pad gevat. Amazing om saam met iemand te ry vir die eerste keer en die confidence en vertroue is dadelik daar....seker omdat hy my geleer het ne?  :thumleft:

Vol gemaak op Wellington en toe vat ons Bainskloof

IMG-20111210-01327.jpg


FC het voorgestel ons stop by Calabash maar hulle was nog toe toe ons daar verby is.  :-\

Die plan was om op Franschoek te stop vir ontbyt maar net buite Stellenbosch draai Toppie af by Tokara. Bliksem maar dit is nou vir jou 'n lekker plek. Blykbaar is dit GT Fereira en sy vrou se plek. Hy is een van die dik trille by ons vorige holding maatskappy. Loop toe sommer heel toevallig 'n ou skool buddy raak daar wat ek seker 15 jaar laas gesien het so dit was uit en uit die moeite werd.

Stellenbosch-20111210-01331.jpg


Stellenbosch-20111210-01332.jpg


IMG-20111210-01335.jpg


IMG-20111210-01336.jpg


IMG-20111210-01334.jpg


IMG-20111210-01330.jpg


Du Toitskloofpas was een van die highlights ook.....amper omgedraai en dit weer gaan doen.  :biggrin:

Toppie gooi mielies

L1010202.jpg


IMG-20111210-01341.jpg


IMG-20111210-01342.jpg


IMG-20111210-01344.jpg


Bietjie verder aan

IMG-20111210-01328.jpg


IMG-20111210-01329.jpg


Lunch op Kleinmond

IMG-20111210-01347.jpg


L1010203.jpg


L1010205.jpg


IMG-20111210-01345.jpg


L1010206.jpg


Hier is dit lekker gereen maar darem nie te lank nie so ons kon die glibberige pad verder vat.

L1010209.jpg


L1010210.jpg


L1010207.jpg


L1010208.jpg


IMG-20111210-01348.jpg


IMG-20111210-01349.jpg


Ons moes natuurlik eers vir die original biekiebaard midget gaan kak byt in die nuwe shop.....maar pasop...hy verduidelik soos sy gat...kry eerder jou eie aanwysings.

IMG-20111210-01350.jpg


Nogmaals dankie vir my bifday giftvoucher SuperDave....hulle is moer duur daar  :pot: maar ek het dit goed aangewend. Sterkte met die shop Hentie en Minneke....dit lyk bevange. Sou graag vir Thumbo wou ontmoet om hom ook bietjie kak te byt oor sy ketting skoonmaak vermoe (of nie  :pot:) Het vir Biker Chick ook ontmoet daar.

So...dit was die laaste stop en via Fisantekraal moes ons tuiswaarts keer.

Stoetas se pride en joy veilig en in een stuk.

Durbanville-20111210-01351.jpg


Na dit is ek met die bike terug Bossa Nova toe innie Paarl om Stoetas se bike terug te besorg. Toppie het my met die bakkie kom haal en ons het saam met Stoetas en Glen 'n ietsie gevat vir die dors.

Hallojulle.jpg


Ons het die aand rustig afgesluit met 'n lekker Pizza by Col Cacchio's in Durvanville

Bellville-20111210-01355.jpg


So.....nogmaals dankie Stoetas dat jy my vertrou het met jou fiets. Ek het al baie Cocky se 990S gery maar die verskil tussen my 950 en jou 990R is groot...moer groot. Dit is 'n giftige ding en net 'n plesier om te ry. Ek kan dink op die grond is dit iets anders om tebeleef ook. Jy kan enige tyd my scooter leen as jy hier bo is....maar ek sal jou  bietjie minder vrae as die R5000 rental fooi per dag!!  :peepwall: :pot:

Dankie Toppie ook vir 'n moerse lekker dag...dit was 'n eer en voorreg om dit saam met Pa te kon doen.  :thumleft:

 
Top