CEDERBERG OASIS SPITBRAAI 17 MEI

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Joined
Nov 21, 2011
Messages
200
Reaction score
14
Location
Cederberg
Bike
Honda XR200
Die Cederberg Oasis gaan weer 'n Spitbraai hou Saterdag 17 Mei.  Laasjaar s'n was suksesvol behalwe vir die Bain Marie wat gekalf het.  Dit is darem nou reg so die kos gaan lekker warm wees!

Die ete kos R85 p/persoon.  Dit sluit in:

'n Vark ( nie Betsie nie.  Sy's te groot)
Sirlion Strips
Pap en Sous
Uieringe (Spur-styl)
Soet Patats
Brokkoli met Kaassous
Gebraaide aartappels
Griekse Slaai en Bierbrood

Akkomodasie is as volg:

Tent akkomodasie (Beddegoed ingesluit)  R125p/p
Backpackers (Beddegoed ingesluit)  R150 p/p
Kampering R55 p/p

BEL MY ASB BY 027 482 2819 VIR BESPREKINGS.  Dit sal die enigste manier wees wat ek die bespreking sal kan aanvaar.  Veral as julle jul naam oor die die foon kan sing!  Nice!!

Die akkomodasie word so afgebreek....

Backpackers
Kamer 1  (slaap 4)
Kamer 2  (slaap 3)
Kamer 3  (slaap 3)
Kamer 4  (slaap 3)

Tente
Tent 1 tot 4 slaap 2 mense per tent

Die Ou Plaashuis is alreeds geneem.  Daar is wel baie kampplek beskikbaar.

So wie is in?!

 
Top