Cederberge in 'n dag, met pillion...waar daar 'n wil is...

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Lem

Grey Hound
Joined
Jan 20, 2010
Messages
5,320
Reaction score
17
Location
Bellville, Cape Town
Bike
BMW R1200GS
So aan die einde van die week kyk ek terug na nog 'n week wat nie 'n goeie een op WD was nie.

Die manier hoe Rynet se "gee van kennis" deur die meerderheid van aktiewe WD-lede hanteer is laat mens nogal wonder of dit enigsens die moeite werd is om jou ervaringe & reise as motorfietsryer te probeer deel. Duidelik is ons almal se algemene liefde vir alle bikes en mede bikers nie groter as sommiges se egos en jaloesie nie.  

So hierdie verslag, gaan uit aan diegene wie daarvan hou om afentoe agter hulle veilige rekenaarskerms uit te klim, die bike op te saal, en lang draaie oor die agterpaaie te gaan ry. Dit is ook gewoonlik diegene wie graag my Ride Reports lees en wie sn ek lees. Dit is ook opgedra aan Rynet, met wie ek vanjaar tydens die Yamaha Gun Run vlugtig baie lekker gesels het, en vir wie ek nog net almal sien bedien het met respek. Veral diegene wie haar wense nie respekteer nie.

OK, terug na my RR.

Die storie loop mos nou so. My vroutjie is mos 'n onnie, daarom maak ek 'n punt daarvan om die beste van haar skoolvakansies te probeer maak.

Vir die hele jaar lank al sit en dagdroom ek oor 'n droom lang bike trip. Verskeie roetes is al met die pen vasgele, verskeie verblyfopsies is al bespreek. Die aanvanklike plan was juis vir hierdie Junie vakansie, vanwee die tydgleuf wat dit ons sou gee, maar die somme sou nie betyds klop nie. Behalwe vir die somme het ek die kat behoorlik tydens my vrou se tweede kwartaal uitgekyk. Sy sou nie die energie of waardering gehad het om 'n 14 dag reis rondom SA agterop 'n 650 te kon meemaak nie.  

Ons vakansieplanne het dus maar met die klem op rus verander tot 'n 4x4 trippie na Addo aanstaande week.

Vir my om my motorfietsry fix in te kry moet daar maar dagtrips gedoen word. As voorbereiding vir 'n lang trip (wat hopelik Desember kan geskied)  moet mens mos weet of jy en jou gade lang dae in die saal kan spandeer.

Ek het vir 'n paar dae die weervoorspelling dopgehou (dit is immers Kaapse winter nou), en met paar skuiwe in my dagboek, was gister nou net die perfekte dag.

Dit is lekker om alleen, of saam met vriende oor lang ente die agterpaaie te verken, maar om afentoe vir my vrou te gaan wys waar die plekke is waaroor ons elke week hier gesels, gee vir my 'n hele nuwe dimensie aan hierdie hobby.

Die missie van gister was dus....spare ribs by Cederberg Oasis.

Dit sou my heel eerste keer soontoe wees, dus ook my vir my vroutjie.

Ons is 09h00 vanuit Durbanville weg in 'n ysige stil oggendkoue.

Eerste stop was Die Tolhuis in Mitchell's Pass. Hierdie plekkie gaan ek beslis nie weer misry nie. Waar kan 'n man nog op 'n vroee oggend voor 'n kaggel sit, waar die moerkoffie nog vars in die Emalje-kanne op die vuur gestook word?

As ligte ontbyt het ons varsgebakte scones met botter, konfyt & kaas verorber.
 

Attachments

  • WP_20140703_001.jpg
    WP_20140703_001.jpg
    54.4 KB · Views: 497
  • WP_20140703_002.jpg
    WP_20140703_002.jpg
    46.5 KB · Views: 484
Top