Karoo Rider
Race Dog
- Joined
- Sep 1, 2012
- Messages
- 1,730
- Reaction score
- 489
- Location
- Ladismith WC
- Bike
- Honda CRF-1100L Africa Twin
Vir 'n wyle reeds wou ek graag 'n Namibië toer met die motorfiets doen, my eerste kennismaking met hierdie pragland was meestal teer langs en met 'n bakkie in 2007 toe ek en my vrou op wittebrood was. Vier dae na ons troue lê skoonpa sy kop neer met ons wat in Okahandja by Gross Barmen sit...
Toe die Ai-Ais Bash dus begin vorm aanneem het kon ek 'n kriewelrigheidjie begin bespeur, maar met werksomstandighede wat op daardie stadium anders dikteer het was ek huiwerig om vas te bespreek. ChrisL en ek het eendag begin gesels en kort voor lank is voorlopige planne neergelê: ons doen 'n zig-zag agterpad toer sonder enige vooraf verblyfbesprekings of vaste roetes, en as ons gedurende die Ai-Ais Bash in die omgewing is dan gaan groet ons en maak 'n kuiertjie.
Wat gevolg het was 'n onvergeetlike toer deur areas waarvan ek nog net gehoor of gelees het. Die meeste van die paaie het Chris reeds gery, en saans om die kampvuur was sy mond vol stories oor die plekke en sy mense. Die Namakwaland, Noordkaap en Suidwes is harde wêreld en kweek by jou 'n waardering vir die eenvoudige dinge in die lewe. Die mense boer skaap en bietjie bees, maar die reën is min, en die jakkalse baie.
Op Woensdag 24 April 2013 het ons vertrek en vir 10 dae gery, in totaal so byna 4000km. Ek het 'n Kenda Big Block agterop gesit en was aangenaam verras deur die band se traksie in enigiets van harde klipbanke, los gruis, dik sand, nat teerpad, ens. Met my Trax panniers wat anderkant die water vertraag was het Chris sy vrou se Enduristan soft luggage vir my vooraf deurgebring sodat ek hulle kan opsit en begin pak. (Die sakke was 100% water- en stofdig gedurende ons trip, en ten spyte van 'n val na elke kant kan geen sigbare merke gesien word nie, ek kan dit regtig aanbeveel vir iemand wat in die mark is vir bagasie.)
Die roete:
Dag 1: Stilbaai/Ladismith tot naby Calvinia [347km]
Die wegspring...
Buffelsrivier (hoofoorsaak van Laingsburg vloed - 1981)
Moordenaars Karoo
Die outjie het hom verstrengel maar ons kon hom gelukkig loskry
Middagete by die Jupiter op Sutherland (groot porsies teen billike pryse)
Oppad na Middelpos
Middelpos Hotel
Ou klipmure voor die draadheinings oorgevat het
Tussen Middelpos en Calvinia
Lekker gekuier en oorgeslaap by vriende van Chris op hul plaas
Byna volmaan